Velddiensglanspunte
Gedurende Maart het die verkondigers in die gebied wat onder die Suid-Afrikaanse takkantoor val, baie hard in die bediening gewerk, en baie het hulppionierdiens gedoen. Namibië het ’n nuwe hoogtepunt van 2 265 verkondigers gerapporteer, wat ’n toename is van 14 persent in die gemiddelde verkondigers van 2013. Ons is bly om julle in kennis te stel dat Suid-Afrika vir die eerste keer meer as 95 000 verkondigers gerapporteer het—’n nuwe hoogtepunt van 95 553. Byna 12 000 broers en susters het aan die hulppionierdiens deelgeneem. Mag Jehovah voortgaan om ons pogings te seën om ‘die hele dag aan hom lof te bring’.—Ps 44:8.