Rooster vir die week van 9 Junie
WEEK WAT BEGIN MET 9 JUNIE
Lied 24 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
cl hfst. 8 ¶9-16 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Levitikus 1-5 (10 min.)
Nr. 1: Levitikus 4:16-31 (4 min. of minder)
Nr. 2: Diegene na wie die Bybel as “heiliges” verwys—rs bl. 183 ¶1-3 (5 min.)
Nr. 3: Absalom—Fisiese skoonheid, trots en bedrog het tot slegte gebeure gelei—it-1-E bl. 32-33 ¶1, “Absalom”; of eie navorsing (5 min.)
Diensvergadering:
15 min: Het jy dit al probeer? Bespreking. Bespreek kortliks in ’n toespraak inligting uit hierdie onlangse artikels in Ons Koninkryksbediening: “Nuwe inisiatiewe vir openbare getuieniswerk” (km 7/13), “Hoe om diegene te help wat nog nie vir die Leer Bybel-boek gereed is nie” (km 12/13) en “Tydskrifroetes—’n Goeie manier om Bybelstudies te begin” (km 1/14). Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle daarby baat gevind het om die wenke in hierdie artikels toe te pas.
15 min: “Augustus—’n Geskiedkundige maand van bedrywigheid!” Vrae en antwoorde deur die diensopsiener. Gee vir elkeen in die gehoor ’n eksemplaar van die nuwe traktaat Waar kan ons antwoorde op die belangrikste vrae in die lewe vind?, indien beskikbaar, en bespreek die inhoud daarvan. Gee ’n oorsig van die plaaslike reëlings om die gebied te dek.
Lied 107 en gebed