Velddiensglanspunte
Die nuwe reëling om die traktate wat by mense gelaat is, te rapporteer, het gedurende November begin, en ons is bly om te rapporteer dat ’n groot hoeveelheid traktate in ons takkantoor se gebied versprei is. Daarbenewens het Namibië twee nuwe hoogtepunte gerapporteer; 251 gewone pioniers en 2 182 verkondigers. Suid-Afrika het 93 982 verkondigers gerapporteer, wat twee persent meer is as die gemiddelde vir 2013. Hierdie uitstekende verslae lewer bewys dat Jehovah se volk ywerig die goeie nuus aan ander verkondig.—Spr. 3:27.