Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/14 bl. 3
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—2014
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe kan jou gesin gelukkig wees? – Deel 2
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Ouers – Help julle kinders om Jehovah lief te kry
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Hoe om jou kinders groot te maak sodat hulle Jehovah liefhet
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Hoe om ’n geestelike sterk gesin te bou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2014
km 5/14 bl. 3

Vraebus

◼ Wat moet kinders leer sodat hulle tot geestelike volwassenheid kan groei?

Christenouers doen baie om hulle kinders “in die dissipline en onderrigting van Jehovah” op te voed (Ef. 6:4, vtn. in NW). Ouers vind dit byvoorbeeld voordelig om elke oggend die dagteks met hulle kinders te bespreek. Gedurende gesinsaanbidding en ander geleenthede sal gesinne moontlik ’n video saam kyk en bespreek, spesifieke materiaal uit Jongmense vra-artikels bespreek, Bybelverslae opvoer of oefensessies hou. Maar as ons wil hê dat ons kinders “tot volwassenheid [moet] voortbeur”, moet hulle ook dieper Bybelwaarhede geleer word.—Heb. 6:1.

Dink aan wat ons die mense leer wat ons in ons gebied ontmoet. Op die eerste besoek of op ’n daaropvolgende besoek probeer ons gewoonlik om ’n Bybelstudie te begin deur gebruik te maak van die boek Wat leer die Bybel werklik? Nadat ons hierdie publikasie voltooi het, gebruik ons ‘Hou julle in God se liefde’. Waarom? Die Leer Bybel-boek help studente om ’n basiese kennis van die Bybel op te doen. Die ‘God se liefde’-boek leer hulle hoe om Bybelbeginsels in hulle daaglikse lewe toe te pas. As nuwelinge albei hierdie publikasies bestudeer, sal dit hulle help om in Christus “gewortel” te word en “in die geloof standvastig gemaak [te] word” (Kol. 2:6, 7). Sal ons kinders nie ook by hierdie materiaal baat vind nie? Hulle moet ook leer oor die losprys, die Koninkryk en die toestand van die dooies. En kinders moet weet waarom God lyding toelaat en hoe om die laaste dae van hierdie stelsel van dinge te identifiseer. Hulle moet daarvan oortuig wees dat Jehovah se Getuies die waarheid het. Jongmense moet ook Bybelbeginsels verstaan en weet hoe om hulle “waarnemingsvermoëns” te oefen (Heb. 5:14). Ouers moet natuurlik hulle kinders se ouderdom en begripsvermoë in ag neem. Baie kinders het egter die vermoë om dieper Bybelwaarhede te begin leer selfs terwyl hulle nog redelik jonk is.—Luk. 2:42, 46, 47.

Om ouers te help, sal studiegidse wat op die Leer Bybel-boek gebaseer is, op jw.org/af beskikbaar gestel word. Gesinne kan dit op ons Webwerf vind deur te kyk onder BYBELLERINGE > TIENERS. In die toekoms sal bykomende studiegidse voorberei word wat op die ‘God se liefde’-boek gebaseer is. Die gedrukte weergawe van hierdie boeke kan natuurlik ook gebruik word. Ouers kan besluit of hulle hierdie materiaal gedurende hulle aand vir Gesinsaanbidding wil gebruik, of wanneer hulle ’n aparte studie met een van hulle kinders hou of ’n kind leer om sy eie persoonlike studie te doen.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel