Verbeter jou vaardighede in die bediening—Hoe om ’n ondersteunende velddiensmaat te wees
Waarom dit belangrik is: Jesus het die waarde daarvan besef om saam met ’n metgesel te preek. Toe hy 70 van sy dissipels voor hom uitgestuur het om te gaan preek, het hy hulle dus twee-twee uitgestuur (Luk. 10:1). ’n Metgesel kan die nodige ondersteuning gee as sy velddiensmaat hom in ’n moeilike situasie bevind of onseker is hoe hy ’n huisbewoner moet antwoord (Pred. 4:9, 10). Sy velddiensmaat kan by sy ondervinding baat vind, en hy kan sy velddiensmaat elke nou en dan ’n wenk gee wat hom kan help om ’n doeltreffender verkondiger te wees (Spr. 27:17). Hy kan sy velddiensmaat ook aanmoedig deur opbouende gesprekke tussen deure te voer.—Fil. 4:8.
Wenk vir die maand:
Nadat jy saam met jou velddiensmaat in die bediening gewerk het, kan jy vir hom sê wat hy gesê of gedoen het wat hom ’n ondersteunende velddiensmaat gemaak het.