Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/14 bl. 2
  • Wees ’n opbouende velddiensmaat

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees ’n opbouende velddiensmaat
  • Ons Koninkryksbediening—2014
  • Soortgelyke materiaal
  • Wees ’n goeie helper by die deur
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Bou mekaar in die bediening op
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Help ander tydens die velddiens
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Behou jou ywer vir die bediening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2014
km 1/14 bl. 2

Wees ’n opbouende velddiensmaat

1. Hoe kan ons die apostel Paulus se gesindheid navolg wanneer ons saam met ander in die bediening werk?

1 Die apostel Paulus het die tyd wat hy saam met medegelowiges deurgebring het, as geleenthede vir “wedersydse aanmoediging” beskou (Rom. 1:12). Maak jy gebruik van die tyd wat jy saam met ’n ander verkondiger in die bediening werk om hom aan te moedig en te help? Wees ’n opbouende velddiensmaat deur hom te vertel wat jou help om ’n doeltreffende verkondiger te wees.

2. Wat kan ons doen om ons velddiensmaat se selfvertroue op te bou, en waarom is dit belangrik?

2 Bou jou velddiensmaat se selfvertroue op: Party verkondigers het min selfvertroue, wat moontlik in hulle gesigsuitdrukkings of stemtoon weerspieël word. Ons kan hulle selfvertroue opbou deur hulle opreg te prys. Op watter ander maniere kan ons dit doen? Een reisende opsiener vertel sy velddiensmaat openlik van sy vrese en hoe hy dikwels bid vir hulp om sulke gevoelens te oorkom. ’n Ander broer het gesê wat hom help om selfvertroue te hê: “Dit begin met ’n glimlag. Ek moet soms bid vir hulp om selfs net dit te doen.” Is daar iets wat jou gehelp het om meer selfvertroue in die bediening te hê? Vertel jou velddiensmaat daarvan.

3. Waarvan kan ons ons velddiensmaat vertel wat hom kan help om doeltreffender in die bediening te wees?

3 Vertel jou velddiensmaat van jou metodes: Het jy gevind dat ’n eenvoudige inleiding, miskien iets oor ’n plaaslike gebeurtenis, ’n doeltreffende manier is om ’n gesprek te begin? Het jy goeie resultate gehad met ’n voorgestelde aanbieding wat jy aangepas het? Vertel jou velddiensmaat daarvan (Spr. 27:17). Terwyl julle op pad is na ’n herbesoek, kan jy vir jou velddiensmaat sê wat jy met die besoek wil bereik en hoe jy beplan om dit te doen. Ná ’n Bybelstudie kan jy verduidelik waarom jy ’n sekere punt, teks of onderrigmetode gekies het om die student se behoeftes aan te spreek.

4. Waarom moet ons mede-Christene in die bediening help?

4 Eerste-eeuse evangeliedienaars wou nie net ongelowiges help nie. Hulle het ook die waarde daarvan besef om mekaar aan te moedig en te versterk (Hand. 11:23; 15:32). Die apostel Paulus het die jong Timoteus opgelei en hom toe aangespoor om ander te vertel wat hy geleer het (2 Tim. 2:2). As ons onthou om goed te doen aan mede-Christene terwyl ons in die bediening is, vergroot ons nie net hulle vreugde en doeltreffendheid nie, maar behaag ons ook ons hemelse Vader.​—Heb. 13:15, 16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel