Rooster vir die week van 28 Oktober
WEEK WAT BEGIN MET 28 OKTOBER
Lied 31 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
jl bl. 3 en Lesse 1-2 (30 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 1 Timoteus 1-6–2 Timoteus 1-4 (10 min.)
Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool (20 min.)
□ Diensvergadering:
5 min: “Wat sal jy op vakansiedae doen?” Toespraak.
10 min: Maak die praktiese waarde van die goeie nuus duidelik. Bespreking gebaseer op die Bedieningskool-boek, bladsy 159. Demonstreer hoe die Leer Bybel-boek aangebied kan word deur ’n onderwerp van plaaslike belang te gebruik.
15 min: Die belangrikheid daarvan om betyds te wees. Bespreking. (1) Hoe stel Jehovah ’n goeie voorbeeld daarin om op tyd te wees? (Hab. 2:3) (2) Hoe toon dit respek vir Jehovah en bedagsaamheid teenoor ander wanneer ons betyds is vir vergaderinge en die bediening? (3) Watter uitwerking het dit op die velddiensgroep en die een wat dit hou wanneer ons laat is vir die velddiensvergadering? (4) Waarom is dit belangrik om op tyd te wees wanneer ons vir ’n belangstellende of Bybelstudent gesê het dat ons op ’n spesifieke tyd sal terugkom? (Matt. 5:37) (5) Watter praktiese wenke sal ons help om betyds te wees vir afsprake in ons bediening en vir gemeentelike vergaderinge?
Lied 69 en gebed