Rooster vir die week van 9 September
WEEK WAT BEGIN MET 9 SEPTEMBER
Lied 62 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
jr hfst. 14 ¶1-7 (30 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 1 Korintiërs 10-16 (10 min.)
Nr. 1: 1 Korintiërs 14:7-25 (4 min. of minder)
Nr. 2: Hoe kan ’n sondige mens ‘die aangesig van Jehovah versag’?—2 Kron. 33:12, 13; Jes. 55:6, 7
Nr. 3: Waarom is die verslag in Johannes 9:1, 2 nie ’n bewys van reïnkarnasie nie?—rs bl. 354 ¶3–bl. 355 ¶3 (5 min.)
□ Diensvergadering:
10 min: Jongmense—Wat gaan julle met julle lewe doen?—Deel 1. Toespraak gebaseer op paragrawe 1-9 van die Julle lewe-traktaat. Prys die jongmense hartlik wat probeer om die Koninkryk eerste te stel.
10 min: Ondervindinge met die Goeie nuus-brosjure. Bespreking. Nooi die gehoor om uitsonderlike ondervindinge te vertel wat hulle gehad het toe hulle die Goeie nuus-brosjure gebruik het om ’n Bybelstudie te begin. Sluit ’n demonstrasie in wat toon hoe die brosjure gebruik kan word om ’n herbesoek te doen by iemand wat voorheen die tydskrifte geneem het.—Sien Ons Koninkryksbediening vir Maart 2013, bladsy 7.
10 min: “Neem die profete as ’n voorbeeld—Amos.” Vrae en antwoorde.
Lied 96 en gebed