Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/13 bl. 4
  • Voorgestelde aanbiedings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Voorgestelde aanbiedings
  • Ons Koninkryksbediening—2013
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is die oorsprong van Halloween?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Die waarheid oor Allerheiligeaand
    Ontwaak!—2013
  • Die waarheid oor gewilde vierings
    Ontwaak!—2001
  • Gewilde vierings—Onskadelike pret?
    Ontwaak!—2001
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2013
km 8/13 bl. 4

Voorgestelde aanbiedings

Om op die eerste Saterdag in September Bybelstudies te begin

“Hallo. Ons besoek jou kortliks om jou ’n betroubare hulpmiddel aan te bied wat egpare kan help om van hulle huwelik ’n sukses te maak. Wat dink jy is die grootste struikelblok om ’n suksesvolle huwelik te hê?” [Wag vir ’n antwoord.] Wys vir die persoon die agterblad van Die Wagtoring van 1 September en kyk saam na die materiaal onder die eerste vraag en ten minste een van die tekste. Bied die tydskrifte aan en reël om terug te gaan en die volgende vraag te bespreek.

Die Wagtoring 1 September

“Ons besoek mense in ons omgewing omdat baie wonder waarom God soveel lyding toelaat. Het jy al ooit hieroor gewonder? [Wag vir ’n antwoord.] Dit is interessant dat die Bybel belowe dat daar ’n tyd sal kom wanneer verdriet en pyn iets van die verlede sal wees. [Lees Openbaring 21:4.] Hierdie tydskrif ondersoek vyf van die vernaamste redes waarom daar soveel lyding is. Dit toon ook wat die Bybel sê oor hoe God lyding tot ’n einde sal bring.”

Ontwaak! September

“Ons besoek mense om inligting te voorsien oor ’n gewilde viering gedurende hierdie tyd van die jaar—Allerheiligeaand, oftewel Halloween. Party het besluit om dit nie te vier nie weens waarskuwings soos hierdie een in die Bybel. [Lees Levitikus 19:31.] Ander mense glo nie in bonatuurlike geeste nie en beskou Allerheiligeaand as onskadelike pret. Wat dink jy van hierdie viering? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif verduidelik wat die bose oorsprong van Allerheiligeaand is.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel