Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Augustus: Bied die brosjure Goeie nuus wat van God kom! aan of enige ander velddiensbrosjure wat die gemeente in voorraad het. September en Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! Wanneer jy herbesoeke doen, moet jy die Leer Bybel-boek aanbied of, as dit meer gepas is, die brosjure Goeie nuus wat van God kom! of Luister na God en lewe vir ewig en ’n Bybelstudie probeer begin. November en Desember: Wat leer die Bybel werklik? of Die waarheid—Wil jy dit graag vind? Waar belangstelling getoon word, moet ’n Bybelstudie gedemonstreer word in die Leer Bybel-boek of die brosjure Goeie nuus wat van God kom!
◼ Vanaf die week van 28 Oktober 2013 sal ons die brosjure Wie doen vandag Jehovah se wil? by die Gemeentelike Bybelstudie bestudeer. Nadat hierdie brosjure voltooi is, sal die boek Kom nader aan Jehovah vanaf die week van 6 Januarie 2014 bestudeer word. Gemeentes wat voorraad van hierdie boek nodig het, moet dit met hulle volgende lektuuraanvraag aanvra.
◼ Vanaf September sal kringopsieners die openbare toespraak hou met die tema: “Hoe liefde en geloof die wêreld oorwin”.
◼ Die volgende gemeentes was baie bly oor die toewyding van hulle nuwe Koninkryksaal. Gauteng: Soshanguve-Oos. Lesotho: Maseru Ha Mabote. Noordwes: Ikageng-Wes.