Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/08 bl. 1
  • ’n Spesiale dag om Bybelstudies aan te bied

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Spesiale dag om Bybelstudies aan te bied
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied jy Bybelstudies aan?
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Bied die goeie nuus aan—Deur tuisbybelstudies aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Wend ’n spesiale poging aan om op die eerste Saterdag Bybelstudies te begin
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Plant en natmaak—Stappe om dissipels te maak
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2008
km 12/08 bl. 1

’n Spesiale dag om Bybelstudies aan te bied

1 Van Januarie af gaan elke gemeente gedurende een naweek per maand, dalk die eerste een, hulle daarop toespits om Bybelstudies aan te bied. Dit sal ’n Saterdag of ’n Sondag wees, na gelang van die plaaslike omstandighede. As huisbewoners op daardie dag hierdie aanbod van die hand wys, kan verkondigers nog steeds die Leer Bybel-boek aanbied of die nuutste tydskrifte by hulle laat. Alle ouer manne en bedieningsknegte moet reël om ’n volle deelname aan hierdie bedrywigheid te hê en verkondigers te help om Bybelstudies te begin.

2 Die Gemeentelike Dienskomitee sal besluit op watter naweek ’n dag opsygesit gaan word om Bybelstudies aan te bied. Verkondigers moet van tyd tot tyd hieraan herinner word sodat hulle kan voorberei en ’n spesiale poging kan aanwend om Bybelstudies van huis tot huis aan te bied en wanneer hulle diegene besoek wat voorheen belangstelling getoon het.

3 Hoe om voor te berei: Ons kan wenke kry oor hoe om Bybelstudies te begin in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Maart 2006 en op bladsy 12 van die Redenering-boek. Party verkies dalk om ’n traktaat te gebruik, soos Die waarheid—Wil jy dit graag vind? Op bladsy 3 van Ons Koninkryksbediening vir Augustus 2007 vind ons ook wenke oor hoe om Bybelstudies te begin wanneer ons diegene besoek wat tydskrifte geneem het. Daar sal gereël word dat ’n ouer man of bedieningskneg ’n kort velddiensvergadering van 10 tot 15 minute hou, waartydens een of twee praktiese wenke oor hoe om Bybelstudies te begin, bespreek of gedemonstreer moet word.

4 Nie almal sal natuurlik ’n Bybelstudie aanvaar of oor ’n lang tydperk met hulle studie volhou nie. Dit moenie ons ywer demp nie, aangesien Jehovah die een is wat skaapgeaardes na sy organisasie trek (Joh. 6:44). Ons verantwoordelikheid is nie net om saadjies van waarheid te saai nie, maar ook om dié wat wortelskiet, te versorg en nat te gooi, en dit sluit in dat ons die Bybel met regskapenes studeer. Sodoende het ons die voorreg om as God se medewerkers te dien.—1 Kor. 3:9.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel