Rooster vir die week van 29 Julie
WEEK WAT BEGIN MET 29 JULIE
Lied 51 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
jr hfst. 12 ¶14-19, venster op bl. 148 (30 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Handelinge 26-28 (10 min.)
Nr. 1: Handelinge 26:19-32 (4 min. of minder)
Nr. 2: Sal getroue Christene stilletjies hemel toe geneem word sonder om te sterf?—rs bl. 433 ¶1-4 (5 min.)
Nr. 3: Maniere waarop knegte van God toon dat hulle sy gees het.—Gal. 5:22, 23; Op. 22:17 (5 min.)
□ Diensvergadering:
10 min: Praat op ’n natuurlike wyse in die bediening. Toespraak gebaseer op die Bedieningskool-boek, bladsy 128, paragraaf 1, tot bladsy 129, paragraaf 1. Voer ’n kort onderhoud met ’n ervare verkondiger wat skugterheid oorkom het. Wat het hom gehelp om minder senuweeagtig te wees in die bediening?
10 min: Vraebus. Bespreking deur ’n ouer man.
10 min: Toon dat julle kinders is van julle Vader (Matt. 5:43-45). Bespreking gebaseer op die Jaarboek vir 2013, bladsy 89, paragraaf 3, tot bladsy 90, paragraaf 1, en bladsy 164, paragraaf 2. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor die lesse wat hulle geleer het.
Lied 80 en gebed