Voorgestelde aanbiedings
Om op die eerste Saterdag in Mei Bybelstudies te begin
“Iets wat ons almal in gemeen het, is dat ons foute maak. Het jy al ooit gewonder of God selfs verskriklike dade kan vergewe?” [Wag vir ’n antwoord.] Wys vir die huisbewoner die artikel op bladsy 15 van Die Wagtoring van 1 Mei, bespreek die materiaal onder die eerste vraag en ten minste een van die teksverwysings. Bied die tydskrifte aan, en reël om terug te gaan en die volgende vraag te bespreek.
Die Wagtoring 1 Mei
“Ons wil graag jou mening hoor oor wat hierdie vers sê. [Lees 1 Johannes 4:8.] Baie mense stem saam met hierdie woorde, maar ander dink dat God wreed moet wees om natuurrampe te veroorsaak of dit ten minste toe te laat. Wat dink jy? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif bespreek logiese redes waarom ons nie moet aanneem dat God wreed is nie.”
Ontwaak! Mei
“Ons besoek ons bure om oor ’n ontstellende probleem te praat, naamlik misdaad. Party dink dat die sleutel om misdaad te beheer, is om meer polisiemanne aan te stel. Wat dink jy? [Wag vir ’n antwoord.] Het jy geweet dat die Bybel belowe dat misdaad tot ’n einde sal kom? [Lees Psalm 37:10, 11.] Hierdie tydskrif bespreek hierdie belofte en meld ’n paar praktiese stappe wat ons kan doen om ons teen misdaad te beskerm.”