Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/13 bl. 8
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2013
Ons Koninkryksbediening—2013
km 4/13 bl. 8

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir April: Die Wagtoring en Ontwaak! Wanneer jy herbesoeke doen, moet jy die Leer Bybel-boek aanbied of, as dit meer gepas is, die brosjure Luister na God en lewe vir ewig, en probeer ’n Bybelstudie begin. Mei en Junie: Bied die traktaat Die waarheid—Wil jy dit graag vind? aan of enige ander traktaat wat die gemeente in voorraad het. Waar belangstelling getoon word, moet ’n Bybelstudie gedemonstreer word in die Leer Bybel-boek of die brosjure Luister na God en lewe vir ewig.

◼ Die vergaderingrooster vir die week voor julle streekbyeenkoms kan aangepas word om die raad en herinneringe te hersien wat gedurende die week van 22 April bespreek is. ’n Maand of twee ná julle streekbyeenkoms kan ’n deel vir plaaslike behoeftes gebruik word om punte van die byeenkoms te hersien wat die verkondigers in die bediening nuttig gevind het.

◼ Wanneer jou persoonlike reisplanne die bywoning van ’n streekbyeenkoms in ’n ander land insluit, kan jy nuttige inligting op die webwerf www.jw.org/af vind deur te klik op die “Byeenkomste”-skakel onder die “Omtrent ons”-gewel.

◼ Julle sal bly wees om te hoor dat daar nou 2 200 gemeentes en 53 groepe verkondigers in ons takkantoor se gebied is. Daar is 1 975 van hierdie gemeentes en groepe wat ons webwerf www.jw.org gebruik om verslae in te stuur, lektuur aan te vra en gemeentelike dokumente af te laai. Ons wil al die gemeentes prys wat die webwerf gebruik. Dit spaar die takkantoor baie tyd en moeite en strek ook die gemeentes wat die webwerf gebruik, tot voordeel. Daar is egter 278 gemeentes wat nog nie die webwerf gebruik nie. Ons versoek al hierdie gemeentes vriendelik om die webwerf so gou moontlik te begin gebruik. Kom asseblief in aanraking met die takkantoor indien julle hulp nodig het in hierdie opsig.

◼ Ons is bly om te berig dat 12 gemeentes die toewyding van ’n nuwe Koninkryksaal geniet het. Oos-Kaap: Mlungisi, Hlankomo en Nomlacu. Gauteng: Lotus Gardens, Mayfield, Refengkhotso, Sunrise en Tsakane-Oos. KwaZulu-Natal: Mevamhlophe. Limpopo: Dzumeri. Swaziland: Ekupheleni. Wes-Kaap: Guguletu-Wes.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel