Rooster vir die week van 6 Mei
WEEK WAT BEGIN MET 6 MEI
Lied 26 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
jr hfst. 9 ¶1-7 (30 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Johannes 1-4 (10 min.)
Nr. 1: Johannes 3:22-36 (4 min. of minder)
Nr. 2: Wat beteken dit werklik om “deur gees te wandel”?—Gal. 5:16 (5 min.)
Nr. 3: Hoe het Jesus Christus se dood van ander martelare s’n verskil?—rs bl. 273 ¶1–bl. 274 ¶1 (5 min.)
□ Diensvergadering:
10 min: Idees om die tydskrifte in Mei aan te bied. Bespreking. Gebruik 30 tot 60 sekondes om te vertel waarom die tydskrifte in julle gebied byval sal vind. Nooi die gehoor dan om ’n gedagteprikkelende vraag oor die voorbladonderwerp van Die Wagtoring voor te stel, en vra daarna voorstelle oor watter teks gelees kan word. Doen dieselfde met die Ontwaak! en, as daar genoeg tyd is, met nog ’n artikel in een van die twee tydskrifte. Demonstreer hoe elke nommer aangebied kan word.
10 min: Plaaslike behoeftes.
10 min: As Jehovah nie die huis bou nie, het die bouers tevergeefs hard daaraan gewerk (Ps. 127:1). Bespreking gebaseer op die Jaarboek vir 2013, bladsy 149, paragraaf 1, tot bladsy 151, paragraaf 1. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor die lesse wat hulle geleer het.
Lied 47 en gebed