Rooster vir die week van 8 April
WEEK WAT BEGIN MET 8 APRIL
Lied 123 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
jr hfst. 7 ¶14-20 (30 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Lukas 10-12 (10 min.)
Nr. 1: Lukas 12:1-21 (4 min. of minder)
Nr. 2: Wat verklaar die verskillende rasse-eienskappe?—rs bl. 340 ¶1–bl. 341 ¶2 (5 min.)
Nr. 3: Waarom ons Jehovah as ons Vader beskou—Matt. 6:9 (5 min.)
□ Diensvergadering:
10 min: Jy kan ’n bron van aanmoediging wees (Rom. 1:11, 12). Bespreking deur die diensopsiener. Meld die aantal gewone pioniers in die gemeente. Noem ’n paar maniere waarop ons hulle kan aanmoedig, soos om hulle te prys, saam met hulle velddiens te doen, hulle reiskoste te help dek of ’n ete saam met hulle te geniet. Nooi pioniers om kommentaar te lewer oor hoe hulle al deur ander aangemoedig is. As die gemeente nie gewone pioniers het nie, pas die bespreking aan by hulppioniers.
10 min: Hoe om vrae oor die laaste dae te beantwoord. Bespreking gebaseer op die Redenering-boek, bladsy 266, paragraaf 2, tot bladsy 267, paragraaf 4. Demonstreer kortliks een van die wenke.
10 min: “Neem die profete as ’n voorbeeld—Jona.” Vrae en antwoorde.
Lied 13 en gebed