Rooster vir die week van 11 Februarie
WEEK WAT BEGIN MET 11 FEBRUARIE
Lied 106 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
jr hfst. 5 ¶7-12 (30 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Matteus 26-28 (10 min.)
Nr. 1: Matteus 27:24-44 (4 min. of minder)
Nr. 2: Hoe lei God se geduld tot redding?—2 Pet. 3:9, 15 (5 min.)
Nr. 3: As iemand sê: ‘Julle lê te veel klem op profesie’—rs bl. 337 ¶7–bl. 338 ¶1 (5 min.)
□ Diensvergadering:
10 min: Wat leer ons? Bespreking. Reël dat Matteus 6:19-21 en Lukas 16:13 gelees word. Bespreek hoe hierdie verslae ons in ons bediening kan help.
20 min: “Sal jy hulppionierdiens doen?” Vrae en antwoorde deur die diensopsiener. Nadat paragraaf 2 bespreek is, moet ’n kort onderhoud gevoer word met twee verkondigers wat beplan om gedurende Maart hulppionierdiens te doen, een wat voltyds werk en een wat beperkings het weens swak gesondheid. Watter aanpassings is hulle van plan om te maak sodat hulle pionierdiens kan doen? Nadat paragraaf 3 bespreek is, moet ’n demonstrasie gehou word wat toon hoe ’n egpaar of ’n gesin met kinders gedurende hulle aand vir Gesinsaanbidding tyd inruim om spesifieke reëlings te tref om hulle bediening uit te brei.
Lied 122 en gebed