Rooster vir die week van 13 Junie
WEEK WAT BEGIN MET 13 JUNIE
Lied 45 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
bt hfst. 5 ¶1-8, venster op bl. 39 (25 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Psalms 38-44 (10 min.)
Nr. 1: Psalm 41:1–42:5 (4 min. of minder)
Nr. 2: Bybelvoorbeelde van hegte vriendskappe en van eienskappe wat ons kan navolg (5 min.)
Nr. 3: Onder wie word die profesieë oor die herstelling van Israel vandag vervul?—rs bl. 245 ¶2–bl. 246 ¶1 (5 min.)
□ Diensvergadering:
5 min: Aankondigings.
10 min: Maniere om die goeie nuus te verkondig—Tuisbybelstudies. Bespreking van die Georganiseer-boek, bladsy 98, paragraaf 2, tot bladsy 99, paragraaf 1. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor die vreugde wat hulle al ondervind het om iemand die waarheid te leer en te sien hoe hy geestelike vooruitgang maak. Een of twee kommentare kan vooraf gereël word.
10 min: Wat is die Christelike standaard met betrekking tot die huwelik, egskeiding en egpare wat uitmekaargaan? Toespraak deur ’n ouer man wat gebaseer is op die Georganiseer-boek, bladsye 194-195, vrae 1-3.
10 min: “Ons bediening—Gekenmerk deur geduld.” Vrae en antwoorde.
Lied 103 en gebed