Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/10 bl. 5-6
  • Kan jy ongelowige huweliksmaats probeer bereik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jy ongelowige huweliksmaats probeer bereik?
  • Ons Koninkryksbediening—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Vreugde is moontlik in ’n verdeelde huisgesin
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Die waarheid bring nie vrede nie, maar ’n swaard
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Moet julle nie in dieselfde juk met ongelowiges verenig nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Bied die uitdaging om vir mans te getuig die hoof
    Ons Koninkryksbediening—2009
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2010
km 11/10 bl. 5-6

Kan jy ongelowige huweliksmaats probeer bereik?

1. Waarom is dit nie net Christene in ’n verdeelde huisgesin wat graag hulle ongelowige maat wil help om die waarheid aan te neem nie?

1 Het party verkondigers in julle gemeente ’n ongelowige man of vrou? Indien wel, wil hierdie verkondigers ongetwyfeld graag hê dat hulle maat ware aanbidding saam met hulle moet beoefen. Maar hulle is nie die enigstes nie. Die hele gemeente wil, soos God, hê dat “alle soorte mense gered moet word en tot juiste kennis van die waarheid moet kom” (1 Tim. 2:4). Hoe kan ons die ongelowige maats van verkondigers in ons gemeente probeer bereik?

2. Hoe sal ons ongelowige maats kan help as ons onderskeidingsvermoë aan die dag lê?

2 Ons moet sake eerstens vanuit die ongelowige se oogpunt probeer beskou. Talle ongelowige maats het hulle gesin lief en probeer ’n goeie huweliksmaat en ouer wees. Miskien het hulle opregte godsdiensopvattings wat van ons s’n verskil. Hulle weet dalk min van Jehovah se Getuies, behalwe wat oningeligte of bevooroordeelde mense hulle vertel het. Party voel gegrief omdat hulle maat tyd wat voorheen saam met die gesin deurgebring is, nou vir aanbidding gebruik. Onderskeidingsvermoë sal ons help om ’n ongelowige vriendelik en met respek te behandel en nie te senuweeagtig te wees wanneer ons in sy geselskap is nie.—Spr. 16:20-23.

3. Wat is moontlik die beste manier om ’n ongelowige te wen?

3 Persoonlike belangstelling: Die beste manier om aanvanklik ’n ongelowige maat te wen sodat hy die waarheid aanneem, is moontlik deur ons optrede, nie deur ’n Bybelbespreking nie (1 Pet. 3:1, 2). Gevolglik is dit belangrik dat ons persoonlike belangstelling toon. Susters in die gemeente kan belangstelling toon in ’n ongelowige vrou, en broers in ’n ongelowige man. Hoe?

4. Hoe kan ons persoonlike belangstelling toon?

4 As jy nog nie die huweliksmaat ontmoet het nie, kan jy dit dalk doen nadat jy met die Christenmaat daaroor gepraat het. Moenie teleurgesteld wees as die ongelowige aanvanklik nie juis gunstig reageer nie. Ons vriendelikheid en persoonlike belangstelling kan hom dalk beweeg om Jehovah se Getuies meer goedgesind te wees (Rom. 12:20). Sommige ervare Christene het al ’n ongelowige en sy gesin vir ’n ete genooi om hom beter te leer ken en enige moontlike vooroordeel te laat afneem. Hulle het nie daarop aangedring om oor geestelike onderwerpe te praat nie, maar het eerder gesels oor waarin hy belangstel. Wanneer die ongelowige op ’n latere tydstip meer op sy gemak is, is ’n skriftuurlike bespreking dalk moontlik. Of hy aanvaar dalk ’n uitnodiging na een van ons vergaderinge om uit te vind wat sy vrou leer, veral omdat hy reeds party in die gemeente ken. Al is hy nie gereed om die waarheid te ondersoek nie, kan hy beslis geprys word omdat hy sy gelowige maat ondersteun.

5. Hoe kan ouer manne ’n ongelowige probeer bereik?

5 Ouer manne in die besonder moet ongelowige maats probeer bereik en geleenthede benut om ’n getuienis te gee. ’n Ongelowige wat nie voorheen die Bybel wou bespreek nie, sal dalk na skriftuurlike aanmoediging luister wanneer hy in die hospitaal is of met ernstige gesondheidsprobleme te kampe het. As daar in ’n verdeelde huis ’n krisis is, soos die dood van ’n gesinslid, kan die ouer manne die ongelowige nooi om by te sit wanneer hulle die gesin vertroos.

6. Watter redes het ons om ongelowige maats te probeer bereik?

6 Stel jou voor hoe bly ’n Christen in ons gemeente sal wees as sy of haar huweliksmaat gunstig reageer en in die waarheid kom! Dit sal Jehovah, die engele en die res van die gemeente ook baie bly maak (Luk. 15:7, 10). Maar as die ongelowige aanvanklik nie gunstig reageer nie, kan ons nogtans verheug wees omdat ons volgehoue pogings Jehovah behaag, wat “nie wil hê dat enigeen vernietig moet word nie, maar wil hê dat almal tot berou moet kom”.—2 Pet. 3:9.

[Lokteks op bladsy 6]

Die beste manier om aanvanklik ’n ongelowige maat te wen sodat hy die waarheid aanneem, is moontlik deur ons optrede, nie deur ’n Bybelbespreking nie

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel