Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/10 bl. 7
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2010
Ons Koninkryksbediening—2010
km 8/10 bl. 7

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 30 Augustus 2010 tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 20 minute hou wat gebaseer is op materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 5 Julie tot 30 Augustus 2010.

1. Hoe sal bepeinsing oor Salomo se inwydingsgebed ons waardering vir Jehovah se persoonlikheid vergroot? (1 Kon. 8:22-53). [w05 7/1 bl. 30 par. 3; it-2-E bl. 989 par. 4]

2. Waarom kan daar gesê word dat Dawid, ondanks sy talle foute, “met onkreukbaarheid van hart” voor Jehovah gewandel het? (1 Kon. 9:4). [w97 5/1 bl. 5 par. 1-2]

3. Waarom het die koningin van Skeba aangaande Salomo gesê: “Gelukkig is hierdie knegte van u wat voortdurend voor u staan, wat na u wysheid luister!”? (1 Kon. 10:4-8). [w99 11/1 bl. 20 par. 5-7]

4. Wat kan ons aflei uit die feit dat Jehovah beveel het dat Abia ’n behoorlike begrafnis moes kry? (1 Kon. 14:13). [cl bl. 244 par. 11]

5. Wat was betekenisvol omtrent die tydsberekening van Elia se eerste besoek aan Agab? (1 Kon. 17:1). [w08 4/1 bl. 19, venster]

6. Wat het Elia bedoel met die uitdrukking “op twee verskillende gedagtes hink”? (1 Kon. 18:21). [w08 1/1 bl. 19 par. 2-3]

7. Met watter doel gebruik Jehovah sy krag ten behoewe van sy knegte, soos Elia se geval toon? (1 Kon. 19:1-12). [cl bl. 42-43 par. 15-16]

8. Waarom het Nabot geweier om sy wingerd aan Agab te verkoop, en watter les kan ons hieruit leer? (1 Kon. 21:3). [w97 8/1 bl. 13 par. 18-20]

9. In watter opsig het die vrou in Sunem ‘haar moeite aangedoen’ ter wille van Elisa? (2 Kon. 4:13). [w97 10/1 bl. 30 par. 6-8]

10. Waarom het Elisa nie Naäman se geskenk aanvaar nie? (2 Kon. 5:15, 16). [w05 8/1 bl. 9 par. 2]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel