Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Julie en Augustus: Jy kán God se vriend wees! en Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind? of enige velddiensbrosjure wat die gemeente in voorraad het. Gemeentes wat ’n voorraad van Wat vereis God van ons? het, moet hierdie brosjure aanbied. September: Wat leer die Bybel werklik? Probeer Bybelstudies tydens die eerste besoek begin. Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! Waar belangstelling getoon word, kan die traktaat Die waarheid—Wil jy dit graag vind? aangebied word en ’n poging aangewend word om ’n Bybelstudie te begin.
◼ Ons is bly om te sê dat die ontoegekendegebied-kampanje vir 2009 goed ondersteun is. Jehovah het die pogings geseën van 10 942 verkondigers in 293 gemeentes wat aan die kampanjes in Botswana, Lesotho, Namibië, Suid-Afrika en Swaziland deelgeneem het. Hulle bedrywigheid het daartoe gelei dat 12 344 boeke, 38 865 brosjures en 84 868 tydskrifte versprei is. Hulle het 84 174 uur in die bediening deurgebring en 4 895 herbesoeke gedoen, wat daartoe gelei het dat 711 Bybelstudies gehou is. Ons sien met groot afwagting uit na die ontoegekendegebied-kampanje vir 2011.