Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/10 bl. 3
  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2010
Ons Koninkryksbediening—2010
km 6/10 bl. 3

Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 28 Junie 2010 tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 20 minute hou wat gebaseer is op materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke van 3 Mei tot 28 Junie 2010.

1. Wat kan ons leer uit die feit dat Dawid oor Abner getreur het? (2 Sam. 3:31-34). [w05 5/15 bl. 17 par. 5; w06 7/15 bl. 21 par. 9-10]

2. Watter fout het Natan begaan, en waarom is hy nie as Jehovah se profeet verwerp nie? (2 Sam. 7:3). [rs bl. 409 par. 3]

3. Hoe is 2 Samuel 7:14 vervul? [it-1-E bl. 273 par. 3; it-2-E bl. 818 par. 2]

4. Hoe was Dawid se optrede teenoor Mefiboset ’n blyk van liefderyke goedhartigheid, en watter uitwerking moet dit op ons hê? (2 Sam. 9:7). [w02 5/15 bl. 19 par. 5]

5. Watter lesse kan ons leer uit die verhouding tussen Ittai, die Gittiet, en koning Dawid? (2 Sam. 15:19-22). [w09 5/15 bl. 27-28]

6. Hoe kan ons uit die Skrif redeneer dat Siba se beskuldiging teen Mefiboset vals was? (2 Sam. 16:1-4). [w02 2/15 bl. 14-15 par. 11, vtn.]

7. Waarom het die 80-jarige Barsillai Kimham aanbeveel toe Dawid hom gevra het om deel van sy hof te wees? (2 Sam. 19:33-37). [w07 6/1 bl. 24 par. 13]

8. Hoe het Jehovah se nederigheid Dawid groot gemaak? (2 Sam. 22:36). [w07 11/1 bl. 5 par. 1; w04 11/1 bl. 29]

9. Waarom het Adonia die troon wederregtelik in besit probeer neem terwyl Dawid nog gelewe het? (1 Kon. 1:5). [w05 7/1 bl. 28 par. 5]

10. Waarom het Jehovah Salomo se gebed vir wysheid en onderskeidingsvermoë verhoor? (1 Kon. 3:9). [w05 7/1 bl. 30 par. 2]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel