Rooster vir die week van 29 Maart
WEEK WAT BEGIN MET 29 MAART
Lied 93 (63)
□ Gemeentelike Bybelstudie:
cf hfst. 2 ¶9-14
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 1 Samuel 14-15
Nr. 1: 1 Samuel 14:24-35
Nr. 2: Maniere waarop ons nader aan Jehovah kan kom (Jak. 4:8)
Nr. 3: Wie was die wyse manne wat deur ’n ster na Jesus toe gelei is? (rs bl. 401 ¶1-3)
□ Diensvergadering:
Lied 112 (49)
5 min: Aankondigings.
10 min: Begin Bybelstudies. Kondig die volgende dag aan waarop Bybelstudies aangebied gaan word. Voer ’n onderhoud met ’n verkondiger wat al Bybelstudies kon begin en kon hou. Watter inleidings is doeltreffend in die gebied? Wat hou hy in gedagte wanneer hy herbesoeke doen? Laat hy een van die aanbiedings wat hy gebruik, demonstreer.
10 min: Neem deel aan die grootste soektog van alle tye! Toespraak gebaseer op materiaal in die Georganiseer-boek onder die onderhofie “Soek verdienstelikes” op bladsy 95.
10 min: “Wees ’n goeie helper by die deur.” Vraag-en-antwoord-bespreking.
Lied 76 (178)