Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/09 bl. 8
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2009
Ons Koninkryksbediening—2009
km 8/09 bl. 8

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye: Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind?, Gee God werklik vir ons om?, Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, Jy kán God se vriend wees! en Jy kan vir ewig op die aarde lewe! September: Wat leer die Bybel werklik? Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! November: Wat leer die Bybel werklik?

◼ Die artikels “Is jy gereed vir ’n geestelike feesmaal?” en “Streekbyeenkomsherinneringe” in hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening sal tydens ’n Diensvergadering in Oktober bespreek word. Maar in Namibië en in Botswana, waar die streekbyeenkomste vroeër gehou sal word, moet gemeentes reël om hierdie artikels ten minste drie weke voor hulle toegewese streekbyeenkoms in ’n deel van 25 minute te dek.

◼ Die rooster vir vergaderinge kan aangepas word volgens die “Hou aan waak!”-streekbyeenkoms. ’n Hersiening van die raad en herinneringe wat plaaslik van toepassing is, moet gedurende die laaste Diensvergadering voor die byeenkoms gedoen word. ’n Maand of twee ná julle streekbyeenkoms kan ’n deel vir plaaslike behoeftes gebruik word om glanspunte van die byeenkoms te hersien wat die verkondigers in die bediening nuttig gevind het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel