Velddiensglanspunte
Ons is bly om julle in kennis te stel dat Botswana gedurende Maart ’n nuwe verkondigerhoogtepunt bereik het van 1 785, wat 7 persent meer verkondigers is as verlede jaar. Hulle het ook ’n nuwe hoogtepunt van 2 988 Bybelstudies bereik. Verder het Lesotho ’n uitstekende maand gehad, waarin hulle ’n nuwe hoogtepunt van 303 gewone pioniers asook ’n nuwe hoogtepunt van 5 604 Bybelstudies bereik het.