Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/09 bl. 2-3
  • Bied die uitdaging om vir mans te getuig die hoof

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied die uitdaging om vir mans te getuig die hoof
  • Ons Koninkryksbediening—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Vreugde is moontlik in ’n verdeelde huisgesin
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Kan jy ongelowige huweliksmaats probeer bereik?
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Die waarheid bring nie vrede nie, maar ’n swaard
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Wyse raad vir egpare
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2009
km 8/09 bl. 2-3

Bied die uitdaging om vir mans te getuig die hoof

1. Wat is dringend nodig om na Koninkryksbelange om te sien?

1 Namate die Koninkrykswerk in hierdie laaste dae toeneem, is daar ’n dringender behoefte aan geestelik bekwame manne wat die leiding kan neem (Mark. 4:30-32; Hand. 20:28; 1 Tim. 3:1-13). Maar op sommige plekke is daar minder mans as vroue wat die Koninkryksboodskap aanvaar. In party kulture laat mans geestelike sake en die kinders se godsdiensonderrig aan hulle vrouens oor. Hoe kan ons meer mans aanmoedig om bewus te word van hulle geestelike behoefte en saam met ons ware aanbidding te beoefen?

2. Hoe het Paulus en Petrus se pogings om vir mans te getuig, goeie resultate opgelewer?

2 Soek na mans: Wanneer ’n gesinshoof die waarheid aanneem, oefen hy dikwels ’n invloed op ander in sy gesin uit om saam met hom by rein aanbidding aan te sluit. Byvoorbeeld, toe Paulus en Silas weens hulle predikingswerk in die tronk gegooi is, het hulle vir ’n tronkbewaarder getuig. Die man en al sy huisgenote is gedoop (Hand. 16:25-34). As gevolg van Paulus se predikingswerk in Korinte het “Krispus, die presiderende beampte van die sinagoge, . . . in die Here begin glo, en so ook al sy huisgenote” (Hand. 18:8). Petrus is deur Jehovah gebruik om te getuig vir Kornelius, ’n leëroffisier wat beskryf is as “’n vroom man en iemand wat . . . God gevrees het”. Kornelius is saam met sy familielede en intieme vriende gedoop.—Hand. 10:1-48.

3. In navolging van Filippus, vir wie kan jy getuig “wat ’n hoë posisie beklee”?

3 Om vir mans te getuig “wat ’n hoë posisie beklee”, kan verreikende gevolge hê (1 Tim. 2:1, 2). Jehovah se engel het Filippus byvoorbeeld aangesê om met “’n maghebber” te gaan praat wat oor al die skatte van die koningin van die Etiopiërs was. Filippus het gehoor hoe die man “die profeet Jesaja hardop [lees]” en het toe die goeie nuus oor Jesus aan hom verduidelik. Hierdie Etiopiër het ’n dissipel geword en het waarskynlik die goeie nuus op pad terug na sy geboorteland bekend gemaak. Hy het dalk ook vir die koningin en diegene in haar hof getuig, persone wat andersins dalk nie ’n geleentheid sou gehad het om die goeie nuus te hoor nie.—Hand. 8:26-39.

4. Hoe kan ons aan mans meer geleenthede gee om die goeie nuus te hoor?

4 Kom met meer mans in aanraking: Aangesien mans dikwels gedurende die dag by die werk is, kan jy moontlik jou rooster aanpas om in die aand, oor naweke of op vakansiedae meer tyd aan die bediening te bestee. As jy gereeld in sakegebiede werk, sal jy bykomende geleenthede hê om te getuig vir mans wat selde tuis is. Broers kan ook ’n spesiale poging aanwend om informeel vir mans by die werk te getuig. Wanneer broers aan die huis-tot-huis-bediening deelneem, veral in gebiede wat dikwels gedek word, kan hulle soms vra om met die man van die huis te praat.

5. Wat moet ’n suster doen wanneer sy ’n man ontmoet wat gunstig op die Koninkryksboodskap reageer?

5 As ’n suster ’n man ontmoet wat gunstig op die waarheid reageer, moet sy nie alleen teruggaan nie. Sy kan haar man of ’n ander verkondiger saamneem. Namate die belangstellende vordering maak, is dit gewoonlik raadsaam om die besoek aan ’n bekwame broer te oorhandig.

6. Hoe kan ons die apostel Paulus navolg sodat ons “die meeste kan wen”?

6 Kies onderwerpe waarin mans belangstel: Die apostel Paulus het sy gehoor in ag geneem en sy benadering aangepas sodat hy “die meeste [kon] wen” (1 Kor. 9:19-23). Ons kan ook nadink oor watter onderwerpe dalk byval sal vind by die mans wat ons ontmoet, en dan daarvolgens voorberei. Mans is byvoorbeeld dikwels besorg oor ekonomiese probleme, goeie regering en die veiligheid en sekuriteit van hulle gesin. Hulle stel dalk ook belang in die doel van die lewe, die toekoms van die aarde en waarom God lyding toelaat. Ons aanbieding van die Koninkryksboodskap sal ’n gunstiger reaksie uitlok as ons sulke insig in ons benadering toon.—Spr. 16:23.

7. Hoe kan almal in die gemeente ’n positiewe invloed hê op ongelowige mans wat ’n vergadering bywoon?

7 Probeer ongelowige mans bereik: Hoewel die goeie gedrag van ons Christensusters dikwels die grootste invloed op hulle ongelowige mans het, kan gemeentelede ook ’n positiewe uitwerking hê (1 Pet. 3:1-4). Wanneer ’n ongelowige huweliksmaat saam met sy vrou ’n vergadering bywoon, sal die hartlike verwelkoming wat hy van die gemeente ontvang, ’n kragtige getuienis wees. Sy teenwoordigheid dui moontlik ’n mate van belangstelling in die waarheid aan, en hy sal dalk bereid wees om ’n Bybelstudie te aanvaar.

8. Hoe kan broers hulle dit ten doel stel om met ongelowige mans te gesels wat voorheen min belangstelling in die waarheid getoon het?

8 Daarenteen toon party mans aanvanklik min belangstelling in geestelike dinge, maar sal dalk later bereid wees om die Bybel te bespreek met ’n broer met wie hulle op hulle gemak voel. Broers in een gemeente het van tyd tot tyd ’n godsdienstig verdeelde gesin besoek en hulle dit ten doel gestel om met die ongelowige man te gesels oor dinge waarin hulle geweet het hy belangstel. Dit het uiteindelik tot geestelike besprekings gelei, en vandag is hy gedoop. In ’n ander geval het ’n broer ’n vriendelike ongelowige man gehelp om ’n heining om sy huis te bou. Deur sulke persoonlike belangstelling te toon, is ’n Bybelstudie begin (Gal. 6:10; Fil. 2:4). Indien jy ’n Christenbroer is, kan jy gerus probeer om met een of meer van hierdie ongelowige mans te gesels.

9. Wat kan die gevolg wees as Christenmans opgelei word?

9 Lei hulle op vir die toekoms: Mans wat gunstig op die Koninkryksboodskap reageer en voorregte in Jehovah se diens nastreef, kan “gawes in die vorm van mense” word, Christen- ouer manne wat hulle vermoëns en sterk punte ten behoewe van die gemeentes van Jehovah se volk gebruik (Ef. 4:8; Ps. 68:18). Hierdie manne hou as herders gewillig en gretig toesig oor die gemeente (1 Pet. 5:2, 3). Wat ’n seën word hulle tog vir die hele gemeenskap van broers!

10. Hoe het baie mense baat gevind by Ananias se pogings om Paulus te help?

10 Saulus het byvoorbeeld “’n apostel vir die nasies” geword, al was hy voorheen ’n vervolger van Christene (Rom. 11:13). Die dissipel Ananias was dus aanvanklik huiwerig om vir Saulus te getuig. Ananias het nietemin die Here se opdrag gehoorsaam en met die man gepraat wat toe die apostel Paulus geword het. Deur die jare heen het Paulus se bediening duisende wat hom hoor preek het, tot voordeel gestrek, sowel as miljoene wat nog steeds by sy geïnspireerde briewe in God se Woord baat vind.—Hand. 9:3-19; 2 Tim. 3:16, 17.

11. Waarom moet ons enige aanpassings maak wat nodig is om vir mans te getuig?

11 Mag ons derhalwe enige aanpassings maak wat nodig is om die uitdaging om vir mans te getuig, die hoof te bied. Terwyl ons hierdie doelwit nastreef, kan ons seker wees van Jehovah se seën op ons ywerige pogings om sy wil te doen en goed na Koninkryksbelange om te sien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel