Diensvergaderingrooster
LET WEL: Ons Koninkryksbediening sal ’n Diensvergaderingprogram vir elke week gedurende die streekbyeenkomsmaande bevat. Gemeentes kan die nodige aanpassings maak sodat hulle die “Gerig deur God se gees”-streekbyeenkoms kan bywoon. Waar gepas kan 15 minute van die laaste Diensvergadering voor die streekbyeenkoms gebruik word om raad en herinneringe wat plaaslik van toepassing is, uit die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Augustus te herhaal. ’n Maand of twee ná die streekbyeenkoms moet 15 tot 20 minute op ’n Diensvergaderingprogram (dalk ’n deel vir plaaslike behoeftes) opsygesit word om byeenkomshoogtepunte te hersien wat die verkondigers in die bediening nuttig gevind het. Die hersiening moet deur die diensopsiener behartig word. Nooi die gehoor om te vertel hoe hulle daardie inligting in hulle bediening toepas of nog wil toepas.
Week wat begin met 10 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Sluit kommentare van die diensopsiener in oor hoeveel gebied die gemeente al gedek het in hulle verspreiding van die traktaat Die waarheid—Wil jy dit graag vind? Baie verkondigers bied reeds Die Wagtoring van 1 November en die Ontwaak! van November aan; nooi dus diegene in die gehoor om te vertel hoe hulle die tydskrifte met sukses aangebied het.
15 min: Kweek ’n liefdevolle en vrygewige gees aan. Toespraak deur ’n ouer man wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 November 2008, bladsye 6-7.
20 min: “Ons het kosbare skatte om met ander te deel.”a Wanneer paragraaf 2 bespreek word, moet die gehoor genooi word om kommentaar te lewer oor spesifieke Bybelwaarhede wat hulle tot Jehovah se organisasie aangetrek het, of wat hulle sedert hulle doop beter verstaan.
Week wat begin met 17 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
15 min: Vraebus.b
20 min: “Jy kan ’n onderrigter wees!”c Voer ’n onderhoud met ’n verkondiger of pionier wat die gevoel dat hy onbevoeg is om ’n Bybelstudie te hou, oorkom het. Hoe het hy op Jehovah vertrou om hom te help? Op watter spesifieke maniere het die organisasie hom gehelp om bekwaam te word? Watter seëninge het hy ondervind omdat hy aan die Bybelstudiewerk deelgeneem het?
Week wat begin met 24 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Meld die lektuuraanbod vir Desember, en laat een of twee aanbiedings gedemonstreer word.
20 min: Plaaslike behoeftes.
15 min: Berei voor om Die Wagtoring van 1 Desember en die Ontwaak! van Desember aan te bied. Gee ’n kort oorsig van die tydskrifte, en vra die gehoor watter artikels dalk meer byval sal vind in die plaaslike gebied. Watter vrae en tekste kan gebruik word om die artikels in te lei? Demonstreer hoe ’n voorgestelde aanbieding in Ons Koninkryksbediening gebruik kan word. Laat ’n ouer man ’n kort aanbieding voorberei en demonstreer wat gebaseer is op ’n artikel wat by die plaaslike gebied sal pas.
Week wat begin met 1 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir November in te gee.
15 min: Plaaslike ondervindinge. Lig die gemeente in oor hoeveel gebied gedek is in die verspreiding van die traktaat Die waarheid—Wil jy dit graag vind? Nooi die gehoor om ondervindinge te vertel wat hulle met die verspreiding van die traktaat gehad het of toe hulle dit gebruik het om Bybelstudies te begin. Vertel ook aanmoedigende ondervindinge wat verkondigers gehad het toe hulle die Leer Bybel-boek in November aangebied het. Een of twee uitsonderlike ondervindinge kan gedemonstreer word.
20 min: “Berei nuwelinge voor om teenstand die hoof te bied.”d Wanneer paragraaf 2 gedek word, moet daar kortliks bespreek word hoe die inligting in die Redenering-boek onder “Jehovah se Getuies” Bybelstudente kan help om vrae van besorgde familielede en vriende te beantwoord.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.