Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/08 bl. 1
  • Berei nuwelinge voor om teenstand die hoof te bied

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Berei nuwelinge voor om teenstand die hoof te bied
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Bly na aan Jehovah se organisasie
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Jy kan lojaal bly wanneer jy vervolg word
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • “Laat die volharding sy werk voltooi”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Volharding—noodsaaklik vir Christene
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2008
km 11/08 bl. 1

Berei nuwelinge voor om teenstand die hoof te bied

1 Wanneer mense die Bybel begin studeer en “met godvrugtige toegewydheid . . . wil lewe”, word hulle spesiale teikens van Satan (2 Tim. 3:12). Soms bied werksmaats, skoolmaats of bure teenstand. Dit kan veral moeilik wees wanneer welmenende familielede nuwelinge teëstaan.—Matt. 10:21; Mark. 3:21.

2 Teenstand voorspel: Nuwelinge moet weet dat hulle vervolging te wagte kan wees en dat dit ’n aanduiding is dat hulle besig is om ware dissipels van Christus te word (Joh. 15:20). Soms staan ander hulle teë omdat hulle wanopvattings omtrent Jehovah se Getuies het. Hou in gedagte dat dit groot vreugde meebring as ’n mens oneer ly omdat jy ’n volgeling van Jesus en aan God gehoorsaam is (Hand. 5:27-29, 40, 41). Verseker nuwelinge van Jehovah se liefdevolle ondersteuning (Ps. 27:10; Mark. 10:29, 30). Deur hulle onkreukbaarheid te handhaaf, skaar hulle hulle aan Jehovah se kant van die geskil oor universele soewereiniteit.—Spr. 27:11.

3 Rol van juiste kennis: Prent by jou Bybelstudente in hoe belangrik dit is dat hulle aanhou om juiste kennis in te neem ongeag die beproewinge wat hulle moontlik deurmaak. Satan gebruik teenstand om te probeer verhinder dat wat hulle leer, in hulle figuurlike hart wortelskiet (Spr. 4:23; Luk. 8:13). Hulle moet aanhou om juiste kennis van God se Woord in te neem sodat hulle goed gewortel kan wees in die geloof.—Ps. 1:2, 3; Kol. 2:6, 7.

4 Volharding is nodig: In enige beproewende situasie is volharding noodsaaklik en kan dit goeie resultate voortbring (Luk. 21:16-19). Wanneer nuwelinge teenstand verduur, vind hulle en ander daarby baat. Hulle sien dat Jehovah die vermoë het om dié wat getrou volhard, ryklik te seën.—Jak. 1:12.

5 Die apostel Paulus het hom verbly in die geestelike vordering van sy broers in Tessalonika. Hy het God gedank vir sy broers, onder wie hy baie gehelp het om in die waarheid te kom (2 Tess. 1:3-5). Ons kan ook dieselfde vreugde en bevrediging ervaar as ons ons Bybelstudente voorberei om teenstand die hoof te bied en te volhard.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel