Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/08 bl. 1
  • Ons het kosbare skatte om met ander te deel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons het kosbare skatte om met ander te deel
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Vind skatte wat ‘sorgvuldig verborge is in hom’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Deel skatte en vergroot rykdom
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Soek na geestelike skatte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Wys dat jy waardering het vir geskenke wat jy nie kan sien nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2008
km 11/08 bl. 1

Ons het kosbare skatte om met ander te deel

1 God se Woord is vol geestelike skatte wat vir ons kosbaar is (Ps. 12:6; 119:11, 14). By ’n sekere geleentheid het Jesus illustrasies gebruik wat verskillende aspekte van die Koninkryk uitbeeld, waarna hy sy dissipels gevra het: “Het julle die sin van al hierdie dinge begryp?” Nadat hulle bevestigend geantwoord het, het hy vir hulle gesê: “In dié geval is elke openbare onderrigter, wanneer hy van die koninkryk van die hemele geleer is, soos ’n man, ’n huisheer, wat uit sy skatkamer nuwe en ou dinge te voorskyn bring.”—Matt. 13:1-52.

2 Bybelwaarhede wat ons geleer het toe ons begin studeer het, kan as ou skatte beskou word. Deur ons progressiewe persoonlike studie van die dieper dinge in God se Woord vind ons ander Bybelwaarhede, wat vir ons nuutgevonde skatte is (1 Kor. 2:7). En deur middel van “die getroue en verstandige slaaf” kom ons ook tot ’n begrip van nuwe skatte.—Matt. 24:45.

3 Ons heg groot waarde aan hierdie geestelike skatte, oud en nuut. Dit spoor ons aan om opleiding te probeer kry, asook om ondervinding as onderrigters van God se Woord op te doen en ywerig vir ander te vertel van die kosbare waarhede wat ons geleer het.

4 Leer uit Jesus se voorbeeld: Jesus het getoon hoe hy oor hierdie skatte voel deur alles in sy vermoë te doen om dit met ander te deel. Selfs wanneer hy moeg was, het hy nie opgehou om skatte uit sy “skatkamer” te voorskyn te bring nie.—Joh. 4:6-14.

5 Jesus se liefde vir diegene wat in geestelike sin arm was, het hom gemotiveer om die lewegewende skatte van die waarhede wat van God af kom, aan hulle te verkondig (Ps. 72:13). Hy het jammer gevoel vir diegene wat geestelik honger was en is beweeg om “hulle baie dinge [te] leer”.—Mark. 6:34.

6 Volg Jesus na: Wanneer ons waarde heg aan die skatte wat ons het, sal ons, soos Jesus, gretig wees om mense geestelike juwele direk uit die Bybel te wys (Spr. 2:1-5). Al is ons soms moeg, sal ons met opregte geesdrif oor skriftuurlike waarhede praat (Mark. 6:34). Ons diepe waardering vir die skatte wat ons het, sal ons beweeg om ons in die bediening in te span en altyd te probeer om ’n groter deelname daaraan te hê.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel