Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/08 bl. 8
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2004
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2008
km 10/08 bl. 8

Wat ons oor die tydskrifte kan sê

Wagtoring 1 Okt.

“Deskundiges erken die belangrikheid van die vader se rol in die gesinslewe. Wat dink jy maak van iemand ’n goeie vader? [Wag vir ’n antwoord.] Jesus het beklemtoon hoe sy Vader se voorbeeld hom gehelp het. [Lees Johannes 5:19.] Hierdie artikel bespreek ses belangrike aspekte van ’n vader se rol.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 18 begin.

Ontwaak! Okt.

“Mense van verskillende godsdienste het teenstrydige beskouings oor die ware aard van God. Maar hoe het die Seun van God Hom beskryf? Let op Jesus se woorde in Johannes 4:24. [Lees.] Hierdie artikel, wat net twee bladsye lank is, gee die Bybel se antwoord op die vraag: “Wat is die aard van God?” Vestig die aandag op die artikel op bladsye 24 en 25.

Wagtoring 1 Nov.

“Baie mense kan nie hulle geloof in ’n God van liefde versoen met die lering van ewige foltering nie. Hoe voel jy hieroor? [Wag vir ’n antwoord.] Die Bybel leer duidelik dat God nie kwaadwillig of wraaksugtig is nie. [Lees Esegiël 18:23.] Jy sal die skriftuurlike verduideliking geniet wat hierdie tydskrif gee.”

Ontwaak! Nov.

“Mense assosieer sukses dikwels met roem, rykdom of mag. Hoe sou jy sukses omskryf? [Wag vir ’n antwoord.] Let op wat volgens die Bybel tot sukses lei. [Lees Psalm 1:1-3.] Hierdie artikel bespreek ses sleutels tot sukses.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 6 begin.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel