Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 11 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings. Vra die gehoor om kommentaar te lewer oor artikels in die jongste tydskrifte wat byval gevind het by mense in die gebied. Nooi die gehoor om spesifieke punte te noem in die artikels wat hulle beplan om aan te bied. Watter vraag kan gevra word om ’n gesprek aan te knoop? Watter teks in die artikel kan dan gelees word? Reël demonstrasies wat toon hoe die voorgestelde aanbiedings gebruik kan word.
15 min: Doen God se wil—sonder om afgelei te word. Toespraak wat gebaseer is op “Kom word my volgeling”, bladsye 91-4, paragrawe 12-13.
20 min: “Maak jy ten volle daarvan gebruik?”a Voer ’n onderhoud met ’n verkondiger wat ’n ondervinding gehad het toe hy die aandag gevestig het op een van die nuwe kenmerke van Die Wagtoring vir die publiek. Die ondervinding kan gedemonstreer word. Hou ook ’n demonstrasie, wat gebaseer is op paragraaf 2, om te toon hoe ’n studie begin kan word met die rubriek “Wat ons by Jesus leer” in Die Wagtoring van 1 Augustus.
Week wat begin met 18 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek “Nuwe kringbyeenkomsprogram”. Kondig die datum van die volgende kringbyeenkoms aan, indien beskikbaar. Herinner gehoor om Die Wagtoring van 1 September en die Ontwaak! van September volgende week na die Diensvergadering saam te bring en om voorbereid te wees om te bespreek hoe dit in die plaaslike gebied aangebied kan word.
20 min: Ons kleredrag en persoonsversorging verheerlik Jehovah. Toespraak deur ’n ouer man. Omdat Jehovah ’n heilige God is, is fisiese reinheid vir sy volk ’n prioriteit (Eks. 30:17-21; 40:30-32). Deur ons voorbeeldige kleredrag en persoonsversorging, veral wanneer ons aan die bediening deelneem, behaag ons Jehovah en verheerlik ons hom (1 Pet. 2:12). Aan die ander kant kan ‘die woord van God gesmaad word’ as ons dit nie doen nie (Tit. 2:5). Vertel plaaslike ondervindinge of ondervindinge in die publikasies wat toon hoe die voorbeeldige voorkoms van ’n verkondiger tot ’n goeie getuienis gelei het.
15 min: Jongmense wat ’n kragtige getuienis gee. Aanmoedigende toespraak vir ouers en hulle kinders. Herinner jonges om gebruik te maak van geleenthede om ’n getuienis te gee. Nooi die gehoor, na gelang van die tyd, om persoonlike ondervindinge te vertel van getuieniswerk by die skool.
Week wat begin met 25 Augustus
15 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Bespreek “Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag”, en kondig die datum van die volgende spesiale byeenkomsdag aan as dit bekend is. Doen verslag oor vordering in die ontoegekendegebied-kampanje. Stel gemeente in kennis van reëlings vir September en voer na gelang van die tyd onderhoude met een of twee oor die sukses wat tot dusver behaal is.
15 min: Plaaslike behoeftes.
15 min: Berei voor om Die Wagtoring van 1 September en die Ontwaak! van September aan te bied. Gehoorbespreking. Gee ’n kort oorsig van die tydskrifte, en vra die gehoor watter artikels in die plaaslike gebied byval sal vind. Watter vraag en teks kan gebruik word om die onderwerp in te lei? Demonstreer hoe ’n voorgestelde aanbieding in Ons Koninkryksbediening gebruik kan word. Laat een van die ouer manne ’n kort aanbieding voorberei en demonstreer, gebaseer op ’n artikel wat vir die plaaslike gebied gepas is.
Week wat begin met 1 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Herinner verkondigers om velddiensrapporte vir Augustus in te gee. Ons wil graag weer ’n nuwe verkondigerhoogtepunt vir Augustus probeer bereik. Alle boekstudieopsieners moet seker maak dat almal in hulle groep hulle rapport ingee sodat die gemeenterapport teen 6 September saamgestel kan word. Hulle moet ook seker maak dat enige laat rapporte vir die diensjaar vir die sekretaris gegee word. Dit sal dalk nuttig wees as die sekretaris vooraf ’n lys opstel van alle laat rapporte en dit vir elke boekstudieopsiener gee.
20 min: Afgesonderd maar nie vergete nie. Toespraak wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 April 2008, bladsye 25-28. Maak melding van enige Christene in die gemeente wat in plaaslike ouetehuise woon. Indien daar niemand in hierdie situasie is nie, gebruik die beginsels in die artikel om die gemeente aan te moedig om diegene te ondersteun wat sieklik is of op ander maniere beperk is in hulle vermoë om aan gemeentelike bedrywighede deel te neem.
15 min: Begin gedurende September ’n Bybelstudie tydens die eerste besoek. Gehoorbespreking. Gedurende September sal ons die Leer Bybel-boek aanbied en probeer om ’n paar paragrawe tydens die eerste besoek met die huisbewoner te bespreek. Hersien die wenke in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Maart 2006 en doen een of twee demonstrasies wat toon hoe om ’n Bybelstudie tydens die eerste besoek te begin.
[Voetnoot]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.