Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/08 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 14 Julie
  • Week wat begin met 21 Julie
  • Week wat begin met 28 Julie
  • Week wat begin met 4 Augustus
Ons Koninkryksbediening—2008
km 7/08 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 14 Julie

Lied 126

10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Julie en die Ontwaak! van Julie aangebied kan word.

15 min: Bespreek planne vir die ontoegekende gebied. Moet deur die diensopsiener behartig word. Hersien die brief van 31 Mei 2008 wat gestuur is aan alle gemeentes wat in ontoegekende gebied werk, asook die lektuuraanbod, datums, gebied waarin gewerk gaan word, huisvesting en vervoerreëlings. Kan party hulppionierdiens doen? Gemeentes wat nie na die ontoegekende gebied gaan nie, moet planne bespreek om in gebied te werk wat selde gedek word.

20 min: “Lewe met Jehovah se dag in gedagte.”a Vestig die aandag op die unieke kenmerke van die publikasie. Hersien die rooster vir die boekstudie en die instruksies wat op bladsy 3 van hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening gevind kan word. Moedig almal aan om die boekstudie gereeld by te woon en om ’n volle deelname te hê. Voer kortliks ’n onderhoud met een of twee verkondigers wat daarvoor bekend is dat hulle deeglik voorberei vir die vergaderinge, en vra hulle wat hulle motiveer om dit te doen.

Lied 147

Week wat begin met 21 Julie

Lied 95

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Herinner die gehoor daaraan om Die Wagtoring van 1 Augustus en die Ontwaak! van Augustus volgende week na die Diensvergadering saam te bring en om voorbereid te wees om gepaste aanbiedings vir die plaaslike gebied te bespreek.

15 min: Het jy “vrymoedigheid van spraak”? Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 15 Mei 2006, bladsye 13-16. Beklemtoon hoe belangrik dit is dat ons met vrymoedigheid preek.

20 min: “Voorbereiding—’n sleutel tot doeltreffende herbesoeke.”b Sluit ’n alleenspraak van vier minute in van ’n verkondiger wat vir sy herbesoeke voorberei. Hy hersien sy aantekeninge en besluit dat hy hierdie naweek twee mense moet besoek. Vir elkeen van die twee herbesoeke kyk hy dan na wat hy die vorige keer met hulle bespreek het, stel hy ’n doelwit en berei hy voor sodat hy sy doelwit kan bereik. Vir die een herbesoek berei hy voor om ’n Bybelstudie aan te bied. Vir die ander een berei hy voor om die belangstelling te kweek deur ’n wenk in paragraaf 5 te gebruik.

Lied 189

Week wat begin met 28 Julie

Lied 6

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Julie in te gee. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Meld die lektuuraanbod vir Augustus, en reël dat een aanbieding gedemonstreer word.

15 min: Ons moet ons gevoel van dringendheid behou. Entoesiastiese toespraak wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Desember 2006, bladsye 18-19, paragrawe 17-21.

20 min: Berei voor om die jongste tydskrifte aan te bied. Gehoorbespreking. Gee ’n kort oorsig van die Ontwaak! van Augustus en Die Wagtoring van 1 Augustus en vra die gehoor dan watter artikels by mense in die gebied byval sal vind, en waarom. Nooi gehoor om spesifieke gedagtes te meld in artikels wat hulle beplan om te gebruik. Watter vraag kan gevra word om ’n gesprek te begin? Watter teks in die artikel kan dan gelees word? Gebruik een van die voorgestelde aanbiedings in Ons Koninkryksbediening of ’n aanbieding wat die gehoor voorgestel het, om te demonstreer hoe elke tydskrif aangebied kan word.

Lied 106

Week wat begin met 4 Augustus

Lied 222

10 min: Plaaslike aankondigings.

15 min: Is jou kinders voorbereid vir hulle unieke gebied? Toespraak en gehoorbespreking. Meld party van die uitdagings waarvoor Christenjongmense by die skool te staan kom. Verduidelik hoe ouers en hulle kinders die Watch Tower Publications Index kan gebruik om nuttige inligting te vind. Meld ’n paar voorbeelde. (Sien die hoofopskrif “Schools”, onderhofie “experiences”.) Nooi dié in die gehoor wat in Christenhuise grootgeword het, om kommentaar te lewer oor hoe hulle ouers hulle voorberei het om uitdagings die hoof te bied en Bybelbeginsels by die skool toe te pas. Hulle kan ook vertel van skooltake wat hulle voorberei het oor onderwerpe wat in die Ontwaak! gevind kan word. Laat hulle verduidelik hoe dit vir hulle ’n beskerming was om in hulle unieke gebied te werk.

20 min: “Ons werp sterk verskanste dinge omver.”c Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle Bybelonderrigter hulle geduldig gehelp het om valse godsdiensoortuigings waaroor hulle sterk gevoel het, te laat vaar.

Lied 83

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel