Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/08 bl. 1
  • Ons werp sterk verskanste dinge omver

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons werp sterk verskanste dinge omver
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom glo jy wat jy glo?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Is geloof en rede versoenbaar?
    Ontwaak!—2011
  • Maak dit saak wat jy glo?
    Ontwaak!—1995
  • Gebruik “die swaard van die gees” op vaardige wyse
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2008
km 7/08 bl. 1

Ons werp sterk verskanste dinge omver

1 Satan gebruik al eeue lank valse leerstellings en bedrog wat die harte en verstande van baie mense verblind. Hy het geloof in leerstellings soos die Drie-eenheid, die onsterflikheid van die siel en die helse vuur bevorder. Hy bevorder twyfelgedagtes omtrent die bestaan van ’n Skepper, sowel as skeptisisme omtrent die egtheid van die Bybel. Rassisme en nasionalisme is ander groot versperrings wat keer dat die lig van die waarheid deurskyn (2 Kor. 4:4). Hoe kan ons hierdie sterk verskanste oortuigings omverwerp?—2 Kor. 10:4, 5.

2 Emosies speel ’n rol: ’n Persoon se diepste emosies is dikwels betrokke by sy vaste godsdiensoortuigings. Party glo hulle hele lewe lank al valse leerstellings. Om hierdie mense te help, moet ons praat op ’n manier wat toon dat ons hulle beskouings respekteer.—1 Pet. 3:15.

3 Ons kan sulke mense met waardigheid behandel deur hulle toe te laat om te verduidelik wat hulle glo en waarom hulle dit glo (Jak. 1:19). Dalk glo hulle dat die siel onsterflik is omdat hulle geliefdes aan die dood afgestaan het en hulle hulle graag weer wil sien. Of dalk vier hulle sekere vakansiedae omdat die geleenthede wat dit bied om saam met hulle familie te wees, vir hulle kosbaar is. As ons na hulle luister, sal dit ons insig gee in hulle gevoelens en ons help om op ’n doeltreffende manier te reageer.—Spr. 16:23.

4 Volg Jesus na: Jesus het ’n uitstekende voorbeeld vir ons gestel in die manier waarop hy die vrae beantwoord het van ’n man wat met die Wet vertroud was. Jesus het nie direkte antwoorde gegee, wat die man moontlik weens sy gekoesterde opvattings sou verwerp het nie. Jesus het eerder na die Skrif verwys, die man genooi om te sê wat hy dink en hom met behulp van ’n illustrasie gehelp om te redeneer.—Luk. 10:25-37.

5 Valse godsdiensoortuigings waaroor mense sterk voel, kan glad nie vergelyk word met die waarheid van God se Woord nie (Heb. 4:12). As ons geduldig probeer om mense se harte te bereik, kan ons hulle help om valse leerstellings te verwerp en die waarheid wat hulle kan vrymaak, aan te neem.—Joh. 8:32.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel