Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/08 bl. 3
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2008
Ons Koninkryksbediening—2008
km 6/08 bl. 3

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 30 Junie 2008. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 5 Mei tot 30 Junie 2008. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]

SPRAAKHOEDANIGHEDE

1. Wat kan ons doen om seker te maak dat die illustrasies wat ons gebruik, verstaanbaar is? [be-AF bl. 242 par. 3–bl. 243 par. 1]

2. Waarom is eenvoudige illustrasies wat op bekende situasies gegrond is, doeltreffend? [be-AF bl. 245 par. 2-4]

3. Hoe belangrik is dit om visuele hulpmiddele goed te gebruik, en hoe het Jehovah dit gebruik om uiters belangrike lesse aan ander te leer? (Gen. 15:5; Jer. 18:6; Jona 4:10, 11). [be-AF bl. 247 par. 1-2]

4. Hoe kan ons visuele hulpmiddele gebruik om ons onderrigting te verbeter? [be-AF bl. 248 par. 1-3]

5. Hoe kan ons kaarte as goeie visuele hulpmiddele gebruik wanneer ons Bybelstudente onderrig? [be-AF bl. 248 par. 4]

TOEWYSING NR. 1

6. Wat sal ’n studie van die Bybel ons help om met behulp van God se heilige gees te verstaan? [be-AF bl. 32 par. 3-4]

7. Hoe kan ons die Bybel gebruik om navorsing oor die betekenis van ’n teks te doen? [be-AF bl. 34 par. 4–bl. 35 par. 2]

8. Hoe word Jesus se rol as Jehovah se kanaal waardeur die mensdom seëninge ontvang, in Johannes se Evangelie beklemtoon? [si-AF bl. 198 par. 32]

9. Watter skriftuurlike grondslag is daar om te sê dat die geneesheer Lukas die boek Handelinge geskryf het? [si-AF bl. 199 par. 3; bl. 200 par. 5-7]

10. Watter stappe kan ’n mens gewoonlik volg wanneer jy ’n skets vir ’n toespraak opstel? [be-AF bl. 39-41]

WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE

11. Watter tempel “is in ses-en-veertig jaar gebou”? (Joh. 2:20). [w08-AF 4/15 “Jehovah se Woord is lewend—glanspunte uit die boek Johannes”]

12. Wie is diegene wat ‘uit die dood tot die lewe oorgaan’? (Joh. 5:24, 25). [w08-AF 4/15 “Jehovah se Woord is lewend—glanspunte uit die boek Johannes”]

13. Waarom word die voornaamwoord “dit” in Johannes 14:16, 17 gebruik om na die helper, of die gees van die waarheid, te verwys, terwyl “hom” en “hy” in Johannes 16:7, 8, 13, 14 gebruik word? [w08-AF 4/15 “Jehovah se Woord is lewend—glanspunte uit die boek Johannes”]

14. Waarom het Jesus vir Maria Magdalena gesê dat sy moet ophou om aan hom vas te klou? (Joh. 20:17). [w08-AF 4/15 “Jehovah se Woord is lewend—glanspunte uit die boek Johannes”]

15. Wat beteken dit dat Jesus sou kom “op dieselfde manier” as wat hy opgevaar het hemel toe? (Hand. 1:9-11). [rs-AF bl. 427 par. 5; it-1 bl. 186 par. 8]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel