Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/08 bl. 2-3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2008
Ons Koninkryksbediening—2008
km 6/08 bl. 2-3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Junie: Aanbid die enigste ware God. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye: Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind?, Gee God werklik vir ons om?, Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, Hou aan waak!, Jy kán God se vriend wees!, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf en Wat vereis God van ons? September: Wat leer die Bybel werklik?

◼ Aangesien Augustus vyf volle naweke het, sal dit ’n uitstekende maand wees om hulppionierdiens te doen.

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Junie of so gou moontlik daarna ouditeer. As daar ’n afsonderlike bankrekening vir instandhouding of bouwerk of iets soortgelyks is, moet dit ook geouditeer word. Wanneer dit gedoen is, moet ’n aankondiging in die gemeente gemaak word nadat die volgende rekeningverslag gelees is. Slegs gemeentes in Suid-Afrika moet die geouditeerde rekeninge vir Maart, April en Mei sonder versuim na die takkantoor stuur. Die sekretaris en rekeningkneg moet seker maak dat die rekeninge volledig en ordelik is en dat die volgende inligting voorsien word: Boekhouvorm (S-26), Maandelikse gemeentelike rekeningverslag (S-30), Receipts (S-24), strokies vir uitbetalings en ’n bankstaat vir elke maand (indien die gemeente ’n bankrekening het). Wanneer dit gedoen is, is dit die sekretaris se verantwoordelikheid om dit duidelik vir die aandag van Accounting Office—PBO Registration te merk.

◼ Dit sal goed wees as aansoeke om gewone pionierdiens die takkantoor ten minste 30 dae voor die verlangde begindatum bereik. Die gemeentelike sekretaris moet die vorms nagaan om seker te maak dat dit volledig ingevul is. As dié wat aansoek doen, nie hulle presiese doopdatum kan onthou nie, moet hulle die datum skat en ’n aantekening daarvan maak. Die sekretaris moet hierdie datum op die Congregation’s Publisher Record-kaart (S-21) skryf.

◼ Let asseblief daarop dat daar nie ’n spesiale strooibiljet sal wees om die streekbyeenkoms vir 2008 te adverteer nie. Ons beplan wel ’n belangrike wêreldwye kampanje in die nabye toekoms. Verdere besonderhede aangaande hierdie reëling sal later voorsien word.

◼ Nuwe CD’s beskikbaar:

My boek met Bybelverhale (cdmy)—Chinees (Mandaryns)

◼ Nuwe CD’s in MP3-formaat beskikbaar:

Bible Dramas (mpdrm)—Portugees

Wat leer die Bybel werklik? (mpbh)—Portugees

◼ Nuwe DVD’s beskikbaar:

Die Wagtoring—Kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006 (dvw06)—Amerikaanse Gebaretaal

Die Wagtoring—Kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007 (dvw07)—Amerikaanse Gebaretaal

◼ Nuwe veeltalige DVD’s beskikbaar:

Jehovah’s Witnesses Stand Firm Against Nazi Assault (dvfi)—Arabies, Engels, Malgassies, Nederlands, Portugees (Brasiliaans), Portugees (Europees), Spaans (Op een DVD)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel