Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/08 bl. 4
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2007
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2008
km 5/08 bl. 4

Wat ons oor die tydskrifte kan sê

Wagtoring 1 Mei

“Die feit dat daar al hoe meer natuurrampe in ons tyd plaasvind, het party laat wonder of ons deur God gestraf word. Wat dink jy? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan 1 Johannes 4:8.] Hierdie artikel verduidelik waarom God nie verantwoordelik is vir die lyding wat deur natuurrampe veroorsaak word nie.” Vestig die aandag op die artikel op bladsy 30.

Ontwaak! Mei

Lees Matteus 6:10. Vra dan: “Het jy al ooit gewonder wat God se wil vir die aarde is? [Wag vir ’n antwoord.] Volgens die Bybel het God van die begin af ’n voorneme vir die aarde gehad, en daardie voorneme het nie verander nie. Hierdie artikel verduidelik verder.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 10 begin.

Wagtoring 1 Jun.

“Een van die bekendste Bybelverhale is die een oor Noag en die Vloed. Dink jy dat die Vloed werklik gebeur het? [Wag vir ’n antwoord.] Dit is interessant dat Jesus daarvan gepraat het as ’n werklike gebeurtenis. [Lees Lukas 17:26, 27.] Hierdie tydskrif gee redes waarom ons die Vloedverslag kan glo en verduidelik watter lewensbelangrike lesse dit ons leer.”

Ontwaak! Jun.

“Dit is ’n uitdaging om kinders groot te maak, veral wanneer ’n kind adolessensie bereik en groot veranderinge ondergaan. Waar dink jy kan ouers betroubare raad vind? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Jesaja 48:17, 18.] Hierdie tydskrif gee wenke om ouers van vandag te help om met wysheid en begrip op te tree.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel