Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/07 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2007
Ons Koninkryksbediening—2007
km 12/07 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Januarie: Hou aan waak!-brosjure. As julle nie daarvan in voorraad het nie, kan die Vereis-brosjure aangebied word. Februarie: Die geheim van gesinsgeluk. Maart: Wat leer die Bybel werklik?

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge vir September, Oktober en November op 1 Desember of so gou moontlik daarna ouditeer. Dieselfde persoon moenie gebruik word om opeenvolgende oudits te doen nie. As daar ’n afsonderlike bankrekening vir instandhouding, bouwerk of iets soortgelyks is, moet dit ook geouditeer word. Wanneer die oudit(s) gedoen is, moet dit in die gemeente aangekondig word nadat die volgende rekeningverslag gelees is. Gemeentes wat as ’n OWO geregistreer is, moet die geouditeerde rekeninge vir hierdie drie maande sonder versuim na die takkantoor stuur. Die sekretaris en rekeningkneg moet seker maak dat die rekeninge volledig en ordelik is en dat die volgende inligting voorsien is: Boekhouvorm (S-26), Maandelikse gemeentelike rekeningverslag (S-30), Receipts (S-24), strokies vir uitbetalings en ’n bankstaat vir elke maand (indien die gemeente ’n bankrekening het). Merk dit duidelik vir die aandag van Accounting Office—PBO Registration.

◼ Let asseblief daarop dat die Gedenkmaal vir 2009 op Donderdag, 9 April, ná sononder gehou sal word. Hierdie kennisgewing word vroegtydig gegee sodat broers die nodige besprekings kan doen of kontrakte kan aangaan om ’n saal te huur indien ’n paar gemeentes die Koninkryksaal gebruik en hulle ander fasiliteite moet kry. In sulke gevalle moet die ouer manne ’n ooreenkoms met die bestuur tref wat verseker dat daar geen steurnisse weens ander bedrywighede in die gebou sal wees nie, sodat die Gedenkmaalviering onverstoord en ordelik kan geskied.

◼ ’n Tweedaagse Venda-streekbyeenkoms is vir 22-23 Desember 2007 by die Eikenhof-Byeenkomssaal gereël. Ons nooi al die Vendasprekende verkondigers in Gauteng en nabygeleë gebiede om hierdie streekbyeenkoms by te woon.

◼ Die takkantoor ontvang soms versoeke om lektuurspoedbesendings. Moet asseblief nie ’n versoek om ’n spoedbesending instuur nie, tensy ’n verkeerde besending gestuur is. Daar word lank vooruit aangekondig watter items vir lektuuraanbiedings en spesiale kampanjes nodig is, watter publikasies by vergaderinge bestudeer gaan word en watter vorms aangevra moet word. Met goeie beplanning kan die meeste versoeke om spoedbesendings vermy word. Gewone lektuuraanvrae moet elke maand stiptelik ingestuur word, al is dit net vir ’n paar items.

◼ Daar is ongelukkig geen voorsiening vir broers om hulle gemeente se lektuuraanvrae by Bethel af te haal nie. Elke gemeente val in ’n toegewese paksiklus, en aanvrae word volgens hierdie rooster afgelewer. Die groter werklas maak dit onprakties om die siklus te onderbreek sodat lektuur afgehaal kan word. Maar broers kan wel hulle Literature Request-vorm (S-14) ingee wanneer hulle Bethel besoek.

◼ Gemeentes kan nou Watchtower Library—2007 (cdly07) begin aanvra. Dit is ’n spesiaal aangevraagde item wat ’n voorsiening vir gedoopte gemeentelede is en slegs deur die gemeente beskikbaar gestel word. Dit moenie vir algemene verspreiding gebruik word of vir iemand gegee word wat bloot belangstelling in Jehovah se Getuies toon nie. Die Watchtower Library—2007 sal in Chinees, Chinees (Vereenvoudig), Engels, Frans en Portugees beskikbaar wees. Let asseblief daarop dat cdly07-CH die cdly07-program in Chinees sowel as Chinees (Vereenvoudig) sal bevat.

◼ Let asseblief daarop dat die Examining the Scriptures Daily—2008—Large Print (eslp08) ’n spesiaal aangevraagde item is en dus nie soos die Ondersoek die Skrif elke dag—2008 (es08) aan gemeentes gestuur sal word nie. Gemeentes sal dit moet aanvra.

◼ Ons wil die gemeentelike sekretaris graag daaraan herinner om asseblief hulle spesiale aanvrae in te stuur vir bykomende tydskrifte vir die spesiale bedrywigheid gedurende Maart, April en Mei 2008, soos uiteengesit in die brief van 1 Oktober 2007.

◼ Bydraes wat in die bussie vir die Koninkryksaalfonds (KSF) gegooi word, word gebruik om Koninkryksale vir ander gemeentes te bou. Hierdie geld moet elke maand na die takkantoor gestuur word. As julle gemeente ’n Koninkryksaallening afbetaal, of ’n afsonderlike Koninkryksaalfonds vir die plaaslike gemeente het, moet julle bydraes in die bussie vir “Bydraes vir plaaslike gemeente” gegooi word.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Die geheim van gesinsgeluk (fy)—Kwangali

◼ Nuwe DVD’s beskikbaar:

Pursue Goals That Honor God (dvpsg)—Engels

Respect Jehovah’s Authority (dvru)—Amerikaanse Gebaretaal

Warning Examples for Our Day (dvwx)—Amerikaanse Gebaretaal

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel