Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/07 bl. 5
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2007
Ons Koninkryksbediening—2007
km 12/07 bl. 5

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 31 Desember 2007. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 5 November tot 31 Desember 2007.

SPRAAKHOEDANIGHEDE

1. Watter punte moet ons in gedagte hou om ’n doeltreffende slot te verseker? [be-AF bl. 221 par. 1-4]

2. Hoe kan ons seker maak dat wat ons in die veldbediening sê, akkuraat is? [be-AF bl. 223 par. 2-4]

3. Hoe kan ons in ons aanbiedings by gemeentelike vergaderinge hoë agting vir die gemeente se rol as “’n pilaar en stut van die waarheid” weerspieël? (1 Tim. 3:15). [be-AF bl. 224 par. 1-4]

4. Waarom is dit belangrik om die betroubaarheid van ons inligting na te gaan, en hoe kan ons dit doen? [be-AF bl. 225 par. 1-2]

5. Hoe kan ons ons materiaal makliker maak vir ander om te verstaan wanneer ons onderrig? [be-AF bl. 226 par. 3–bl. 227 par. 1]

TOEWYSING NR. 1

6. Wat bewys dat die verslag van Jona eg is? [si-AF bl. 153 par. 3]

7. Watter profesie van Miga hou verband met God se Koninkryksheerskappy deur middel van Christus Jesus? [si-AF bl. 158 par. 18]

8. Wat bewys dat die boek Habakuk deur God geïnspireer is? [si-AF bl. 161 par. 4]

9. Waarom kan daar gesê word dat die Jode teen 520 v.G.J. nog nie die doel van hulle terugkeer uit ballingskap verwesenlik het nie? (Hag. 1:4). [si-AF bl. 166 par. 3]

10. Watter glorieryke dag meld Sagaria herhaaldelik? [si-AF bl. 172 par. 26]

WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE

11. Hoe is Joël se profesie oor ’n inval deur insekte in die eerste eeu vervul, en hoe word dit vandag vervul? (Joël 2:1-10, 28). [w07-AF 10/1 “Jehovah se Woord is lewend—glanspunte uit die boeke Joël en Amos”]

12. Wat was die betekenis van “’n mandjie somervrugte”? (Amos 8:1, 2). [w07-AF 10/1 “Jehovah se Woord is lewend—glanspunte uit die boeke Joël en Amos”]

13. In watter sin het Jehovah ‘spyt gevoel oor die rampspoed wat hy gesê het hy oor die Nineviete sou bring’, en watter uitwerking moet dit op ons hê? (Jona 3:10). [w03-AF 7/15 bl. 17-18]

14. Wat beteken dit om in Jehovah se naam te wandel? (Miga 4:5). [w03-AF 8/15 bl. 17 par. 19]

15. Wanneer en hoe het Jehovah in hedendaagse tye na sy “tempel” gekom om te oordeel? (Mal. 3:1-3). [re-AF bl. 32, venster; jd-AF bl. 179 par. 3–bl. 181 par. 6]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel