Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 12 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 November en die Ontwaak! van November aangebied kan word. In elke demonstrasie moet die tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig.
15 min: “Die silwer is myne en die goud is myne.” Toespraak deur ’n ouer man, wat gebaseer is op Die Wagtoring van 1 November 2007, bladsye 17-21.
20 min: “Wandel as wyses.”a Nooi die gehoor na gelang van die tyd om oor die teksverwysings kommentaar te lewer.
Week wat begin met 19 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Meld die lektuuraanbod vir Desember, en reël dat een aanbieding gedemonstreer word.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Moenie terughou nie!”b Wanneer paragraaf 5 bespreek word, moet kommentare ingesluit word van diegene wat met mense studeer het wat in die waarheid gekom het. Hoe is dit bevredigend en genotvol om ’n progressiewe Bybelstudie te hou? Een of twee kommentare kan vooraf gereël word.
Week wat begin met 26 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir November in te gee. Prys almal wat aan die ontoegekendegebied-kampanje deelgeneem het, en vertel die gemeente van die resultate wat behaal is. Na gelang van die tyd kan onderhoude gevoer word met ’n paar wat aan hierdie bedrywigheid deelgeneem het. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Desember en die Ontwaak! van Desember aangebied kan word.
15 min: Kan jy verruim word in jou liefde? ’n Toespraak deur ’n ouer man, wat gebaseer is op Die Wagtoring van 1 Januarie 2007, bladsye 9-11.
20 min: Jongmense—Hoe kan julle Jehovah loof? Bespreking van Die Wagtoring van 15 Junie 2005, bladsye 26-8, paragrawe 15-19, met behulp van die studievrae wat voorsien is. Wanneer paragraaf 18 bespreek word, moet jongmense in die gehoor genooi word om te vertel hoe hulle al vir ander skoliere en onderwysers by die skool getuig het.
Week wat begin met 3 Desember
15 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek Vraebus.
15 min: ’n Skool waarvan die gegradueerdes mense wêreldwyd bevoordeel. Toespraak wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 November 2006, bladsye 10-13. Sluit ’n kort onderhoud in met enige van die ouer manne of bedieningsknegte in die gemeente wat die Bedieningsopleidingskool bygewoon het. Hoe het die skool hulle gehelp om vooruitgang te maak as evangeliedienaars, herders en onderrigters? Spoor broers wat kwalifiseer aan om die Bedieningsopleidingskool as ’n doelwit te stel.
15 min: “Ons vertel ander van ons Koninkrykshoop.”c Nooi die gehoor na gelang van die tyd om oor die teksverwysings kommentaar te lewer.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.