Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 8 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Oktober en die Ontwaak! van Oktober aangebied kan word. In albei gevalle moet die tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag op net een gevestig. Bespreek reëlings vir die ontoegekende gebied tydens Oktober. Spoor almal aan om hierdie laaste poging te ondersteun.
20 min: Bly na aan Jehovah se organisasie. Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op hoofstuk 17 van Georganiseer om Jehovah se wil te doen.
15 min: “Spesiale uitgawe van die Ontwaak! sal in November aangebied word!”a Hersien kortliks die inhoud van die Ontwaak! van November. Gaan dan voort met ’n vraag-en-antwoord-bespreking van die artikel. Wanneer paragraaf 3 bespreek word, kan die wenk op bladsy 8 of ’n ander aanbieding wat vir julle gebied gepas is, gebruik word om te demonstreer hoe die Ontwaak! van November aangebied kan word. Lê in die slot van die demonstrasie die grondslag vir die volgende besoek.
Week wat begin met 15 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
20 min: Bring die waarheid vrugte voort in dié wat jy onderrig? Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op Die Wagtoring van 1 Februarie 2005, bladsye 28-30. Sluit kommentaar in oor hoe die vrae in die Leer Bybel-boek ons help om uit te vind wat in ’n student se hart is. Bespreek ’n paar voorbeelde soos hoofstuk 1, paragraaf 19; hoofstuk 2, paragraaf 4; hoofstuk 3, paragraaf 24 en hoofstuk 4, paragraaf 18. Spoor verkondigers aan om goeie gebruik te maak van die verskillende kenmerke van die boek.
15 min: Onthou jy? Gehoorbespreking wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Augustus 2007, bladsy 19.
Week wat begin met 22 Oktober
15 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 November en die Ontwaak! van November aangebied kan word.
30 min: “Volg die Christus deur waardigheid aan die dag te lê” in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir September 2007.b Moet deur die gemeentelike sekretaris behartig word. Meld die streekbyeenkoms waarheen die gemeente toegewys is. Hersien die venster “Streekbyeenkomsherinneringe”.
Week wat begin met 29 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Oktober in te gee. Meld die lektuuraanbod vir November, en reël dat een aanbieding gedemonstreer word.
15 min: Gebruik geestelike doelwitte om jou Skepper te verheerlik. Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Julie 2004, bladsye 21-3. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor die geestelike doelwitte wat hulle gestel het, en wat hulle doen om dit te bereik. Een of twee kommentare kan vooraf gereël word.
20 min: “Bied hoop aan die armes.”c Wanneer paragraaf 2 bespreek word, moet kommentaar gelewer word oor die Ontwaak! van 8 September 2003, bladsye 26-7.
Week wat begin met 5 November
10 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: Hoe om jou kinders te beskerm deur middel van goddelike wysheid. Toespraak wat gebaseer is op Die Wagtoring van 1 Januarie 2005, bladsye 23-7.
20 min: “Wedersydse aanmoediging vir almal.”d Nooi die gehoor om spesifiek kommentaar te lewer oor hoe ’n kringopsiener hulle tydens sy besoek aan die gemeente aangemoedig het. Een of twee kommentare kan vooraf gereël word.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.