Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/06 bl. 7
  • Teokratiese nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Teokratiese nuus
  • Ons Koninkryksbediening—2006
Ons Koninkryksbediening—2006
km 12/06 bl. 7

Teokratiese nuus

◼ Teen die einde van die 2006-diensjaar is ’n aantal nuwe Koninkryksale op verskillende plekke in ons veld toegewy. Sewe Koninkryksale is gedurende die laaste week van Augustus toegewy, wat die aantal Koninkryksale wat gedurende die jaar voltooi is, op 35 te staan bring.

Die volgende tien gemeentes is baie bly dat hulle in hulle nuwe Koninkryksale kan vergader: Dassenhoek, KwaMashu-Noord, KwaMashu-Suid en Volksrust in KwaZulu-Natal; Kwangwanase in Kosibaai; Madadeni-Oos in Newcastle; Diepsloot-Noord en KwaThema-Noord in Gauteng; Kgomotso naby Warrenton en Mqhekezweni naby Umtata. Ons verheug ons saam met hierdie gemeentes terwyl hulle Jehovah aanbid in ’n plek wat sy naam waardig is. Baie het ook hulle waardering uitgespreek vir al die hulp wat die Streekboukomitees en hulle vrywilligers hulle tydens die projek gegee het.

Almal wat graag saam met hulle plaaslike SBK wil dien, moet die Kingdom Hall Volunteer Worker Questionnaire-vorm (S-82) invul. Die gemeentelike sekretaris sal van hierdie vorms hê, wat op die gemeente se maandelikse Literature Request-vorm (S-14) bestel kan word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel