Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/06 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2006
Ons Koninkryksbediening—2006
km 12/06 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Januarie: Enige ouer boek wat die gemeente in voorraad het, insluitende die Kennis-boek. As julle geen ouer boeke in voorraad het nie, moet julle asseblief uitvind of nabygeleë gemeentes ’n groot voorraad ouer publikasies het wat julle kan gebruik. Gemeentes wat nie ouer boeke het nie, kan die brosjure Hou aan waak! aanbied. Februarie: Kom nader aan Jehovah. Maart: Wat leer die Bybel werklik?

◼ Let asseblief daarop dat die Gedenkmaal vir 2008 op Saterdag 22 Maart ná sononder gehou sal word. Hierdie kennisgewing word vroegtydig gegee sodat broers die nodige besprekings kan doen of kontrakte vir beskikbare sale kan aangaan waar ’n paar gemeentes een Koninkryksaal gebruik en ander fasiliteite moet kry. Die ouer manne moet ’n ooreenkoms met die bestuur aangaan wat verseker dat geen ander bedrywighede in die gebou steurings sal veroorsaak nie. Omdat die Gedenkmaal so ’n belangrike geleentheid is, moet die liggaam van ouer manne een van die bekwamer ouer manne kies om die toespraak te hou en nie net beurte maak of dieselfde broer elke jaar gebruik nie. As daar egter ’n bekwame ouer man van die gesalfdes is wat die toespraak kan hou, moet julle hom gebruik.

◼ Die Wagtoring van 15 Oktober 2006 bevat die artikel “Troues wat eerbaar is in die oë van God en die mens”. Paragraaf 14 lewer kommentaar oor ’n huweliksituasie wat in sekere dele van Suid-Afrika en in omliggende lande voorkom. Voeg asseblief die volgende sinne by die einde van paragraaf 14 in jou tydskrif:

“As ’n Christenegpaar wat ’n wettige tradisionele huwelik aangegaan het, later ook ’n burgerlike troue voor ’n openbare amptenaar (nie in ’n Koninkryksaal nie) wil hê, sal dit ’n persoonlike saak wees. Hierdie tweede wetlike prosedure maak nie die huwelik meer geldig nie. Daar sal geen rede wees om nou ’n troutoespraak of onthaal te reël nie.”

◼ Skryf asseblief die gemeente se naam, nommer en depotnommer of posadres op alle korrespondensie wat na die takkantoor gestuur word. Dit sal baie help om die korrespondensie so gou as moontlik by die regte afdeling te kry. Individue moet ook hulle naam en die afsendersadres voor op die koevert in die boonste linkerhoek skryf.

◼ Aan lektuurknegte: Ons wil graag verduidelik wat die woord “Pending” beteken wat op die lektuurpaklyste verskyn. As ’n item tydelik uit voorraad is, sal dit as “Pending” op die paklys aangedui word. Dit is nie nodig om die item weer aan te vra nie. Sodra daar voorraad is, sal die items wat as “Pending” gemerk is, gestuur word. Let daarop dat dit lank kan neem om aangevraagde items wat van oorsese takke verkry moet word, soos CD-ROM’s, DVD’s en anderstalige items, aan te stuur.

Party lektuurknegte het gevra wanneer hulle die Literature Request-vorm (S-14) moet instuur om die beste moontlike diens te kry. Raadpleeg asseblief die rooster vir julle afleweringsroete. Die S-14 moet ten minste een dag voor die volgende afleweringsdatum by die depot wees. Depot-opsieners moet seker maak dat daar ’n duidelik gemerkte rakkie hiervoor is. Die vragmotorbestuurder sal die S-14 saamneem en, as daar voorraad is, sal die items met die volgende vragmotor gebring word. Die afleweringsiklus neem vier tot vyf weke. Dit is belangrik om die Literature Request-vorm (S-14) gereeld in te stuur, al het julle net ’n paar items nodig.

◼ Belangrik: Wanneer julle geld aan die takkantoor oorbetaal, moet julle asseblief seker maak dat julle die nuwe ABSA- of Postbank-rekening gebruik, soos gemeld word in die brief van 1 September 2006 aan alle liggame van ouer manne en rekeningknegte in Suid-Afrika. Verkondigers wat hulle bydraes elektronies na die takkantoor stuur, moet seker maak dat die geld in die korrekte rekening inbetaal word. Jy kan die bankbesonderhede by die ouer manne kry. As jy enige verdere navrae het, kan jy gerus die Rekeningafdeling kontak by (011) 761-1323. Die presiderende opsiener moet seker maak dat die instruksies in die bogenoemde brief uitgevoer word en dat ’n afskrif aan die rekeningkneg gegee word. Die presiderende opsiener moet ook seker maak dat afskrifte van die “Simplified Accounting Instructions”-briewe aan die rekeningkneg gegee en met hom bespreek word.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Watch Tower Publications Index 2001-2005—Engels

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel