Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 30 Oktober 2006. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 4 September tot 30 Oktober 2006. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]
SPRAAKHOEDANIGHEDE
1. Waarom is innerlike beheerstheid nodig wanneer ons met ander praat, en hoe kan ons ons angstigheid verminder? [be-AF bl. 135 par. 5–bl. 137 par. 2, vensters]
2. Waarom moet ons daarna streef om die Bybel te gebruik wanneer ons vrae oor ons oortuigings beantwoord? [be-AF bl. 143 par. 1-3]
3. Hoe kan ons bekwamer word in ons gebruik van die Bybel? [be-AF bl. 144, venster]
4. Waarom is dit belangrik dat ons die Bybel vryelik gebruik wanneer ons in die bediening onderrig, en hoe kan ons die gebruik daarvan by gemeentelike vergaderinge aanmoedig? [be-AF bl. 145-6, vensters]
5. Watter tweevoudige oogmerk het ons wanneer ons ’n teks inlei? [be-AF bl. 147 par. 2]
TOESPRAAK NR. 1
6. Watter lewende boodskap word in Psalms gevind? [si-AF bl. 104 par. 23]
7. Wanneer is Spreuke geskryf en saamgestel? [si-AF bl. 107 par. 5]
8. Wat is ’n spreuk, en waarom is die Hebreeuse titel van die boek gepas? [si-AF bl. 107 par. 6]
9. Wat word in Spreuke 2:1-5 geïmpliseer deur die aansporing om na kennis, begrip en onderskeidingsvermoë te bly soek ‘soos na silwer en soos verborge skatte’? [be-AF bl. 38 par. 4]
10. Hoe maak die boek Spreuke self die nuttige doel daarvan bekend? [si-AF bl. 109 par. 19]
WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE
11. Hoe het Dawid sy “siel tot bedaring gebring en stilgemaak, soos ’n gespeende kind by sy moeder”, en hoe kan ons hom navolg? (Ps. 131:1-3).
12. Watter vertroosting kan ons uit die geïnspireerde woorde van Psalm 139:7-12 put?
13. Gee ’n paar voorbeelde van Jehovah se grootheid wat in Psalm 145 gemeld word, waarvoor ons hom in ons gebede en in die openbare bediening kan loof (Ps. 145:3).
14. In watter opsig is die vrees van Jehovah “die begin van kennis” en “die begin van wysheid”? (Spr. 1:7; 9:10).
15. Wat sluit “my woorde” en “my gebooie” in Spreuke 7:1, 2 in?