Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 9 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe om Die Wagtoring van 15 Oktober en die Ontwaak! van Oktober tesame met Koninkryksnuus Nr. 37 aan te bied.
15 min: “Help ander om God se vriend te word.”a Nooi die gehoor om te vertel hoe die voorbeeld van ander sowel as hartgrondige gebed hulle gehelp het om tot doop te vorder.
20 min: Berei voor om Koninkryksnuus Nr. 37 te versprei. Toespraak en gehoorbespreking. Hersien reëlings vir die kampanje soos in Ons Koninkryksbediening vir September bespreek is. Spoor almal aan om ’n volle aandeel te hê. Moedig diegene met progressiewe Bybelstudies aan om te kyk of hulle studente aan die vereistes voldoen om as ongedoopte verkondigers aan die kampanje deel te neem. Ouers kan ook kyk of hulle kinders aan die vereistes voldoen. Bespreek kortliks die vereistes wat op bladsye 79-81 van Georganiseer om Jehovah se wil te doen uiteengesit word.
Lied 221 en slotgebed.
Week wat begin met 16 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.
20 min: Vind baat by die Gemeentelike Boekstudie. Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op Georganiseer om Jehovah se wil te doen, vanaf die onderhofie op bladsy 69 tot die eerste onderhofie op bladsy 72.
15 min: “Wat stel jy eerste?”b Nooi gekose verkondigers om te vertel hoe hulle hulle rooster aangepas het sodat hulle Koninkryksbelange eerste kon stel en watter seëninge hulle as gevolg daarvan geniet het.
Lied 172 en slotgebed.
Week wat begin met 23 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe om Die Wagtoring van 1 November en die Ontwaak! van November aan te bied. Toon in een van die demonstrasies hoe die potensiële gesprekdemper “Waarom besoek julle ons so dikwels?” oorkom kan word.—Sien Redenering-boek, bl. 20.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Vind ten volle baat by velddiensvergaderinge.”c Wanneer paragraaf 3 bespreek word, moet kommentare ingesluit word uit paragraaf 4 van die Vraebus in Ons Koninkryksbediening vir September 2001, in verband met wat gedoen moet word wanneer geen bekwame broers teenwoordig is om die vergadering te hou nie.
Lied 143 en slotgebed.
Week wat begin met 30 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal om hulle velddiensrapporte in te gee en om agterop te skryf hoeveel eksemplare van Koninkryksnuus Nr. 37 hulle by mense gelaat het.
20 min: “‘Verlossing is op hande!’-streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies vir 2006” in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir September 2006.d Moet deur die gemeentelike sekretaris behartig word. Lees die brief van 15 Julie 2006 in verband met die streekbyeenkoms nadat paragraaf 1 bespreek is. Moedig almal aan om hulle byeenkomsreëlings so gou as moontlik te maak.
15 min: Ondervindinge met die verspreiding van Koninkryksnuus Nr. 37. Vra verkondigers om bemoedigende ondervindinge te vertel wat hulle gehad het tydens die verspreiding van Koninkryksnuus Nr. 37. Doen verslag oor hoeveel gebied sover gedek is en wat gedoen moet word om dit teen 12 November heeltemal te dek. Demonstreer hoe om ’n herbesoek te doen deur van die Leer Bybel-boek gebruik te maak. Herinner verkondigers om enige eksemplare van die Koninkryksnuus terug te gee wat hulle nie voor die einde van die kampanje sal kan versprei nie sodat ander dit kan gebruik.
Lied 136 en slotgebed.
Week wat begin met 6 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsye 3-4 van Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2005 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, en demonstreer hoe om Leer by die Groot Onderwyser gedurende die tweede helfte van November aan te bied. Nooi die gehoor om na gelang van die tyd goeie ondervindinge te vertel wat hulle gehad het toe hulle die publikasie in die veld of met hulle eie gesin gebruik het.
15 min: Vergroot die vreugde en waardigheid van jou troudag. Toespraak deur ’n ouer man wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Oktober 2006, bladsye 28-31.
20 min: “Bly in afwagting van Jehovah” in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir September 2006.e Noem die streekbyeenkoms waarheen die gemeente toegewys is. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe dit ’n geleentheid kan skep om ’n getuienis te gee as ons ons lapelkaart te alle tye dra terwyl ons in die byeenkomsstad is. Moedig die gehoor aan om gebruik te maak van geleenthede om informeel te getuig en om die “Volg asseblief op”-vorm (S-43) te gebruik om belangstelling wat gevind word, te rapporteer.
Lied 8 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
e Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.