Hersiening vir die teokratiese bedieningskool
Die volgende vrae sal mondelings bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 28 Augustus 2006. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 3 Julie tot 28 Augustus 2006. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]
SPRAAKHOEDANIGHEDE
1. Hoe help visuele kontak ons om beter onderrigters te word? (Matt. 19:25, 26; Hand. 14:9, 10). [be-AF bl. 124 par. 3–bl. 125 par. 3]
2. Waarom is natuurlikheid belangrik, en wat kan ons help om op ’n natuurlike wyse te praat wanneer ons aan die veldbediening deelneem? [be-AF bl. 128 par. 1-5, venster]
3. Waarom moet ons skoon wees? [be-AF bl. 131 par. 1-3]
4. Watter uitwerking moet “beskeidenheid en gesonde verstand” op ons kleredrag en persoonsversorging hê? (1 Tim. 2:9). [be-AF bl. 131 par. 4–bl. 132 par. 1]
5. Watter Bybelbeginsels moet ons toepas om te verseker dat ons persoonlike voorkoms nie liefde vir die wêreld weerspieël nie? [be-AF bl. 133 par. 2-3]
TOESPRAAK NR. 1
6. Wat is die grootste voordeel wat ons leesvermoë meebring? [be-AF bl. 21 par. 3]
7. Wat bepaal of ’n persoon wys of dwaas is? (Spr. 14:2). [w04-AF 11/15 bl. 26 par. 5]
8. Waarom is ‘kennis iets makliks vir iemand met begrip’? (Spr. 14:6). [w04-AF 11/15 bl. 28 par. 3-4]
9. Wat is studie? [be-AF bl. 27 par. 3]
10. Hoe moet bepeinsing oor Jehovah se skeppingswerke ons raak? [w04-AF 11/15 bl. 8 par. 4]
WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE
11. Hoe het Jehovah in die ou tyd ‘die woord laat hoor’ wat daartoe gelei het dat ’n groot leër “vroue . . . die goeie nuus verkondig” het, en hoe is dit vandag van toepassing? (Ps. 68:11).
12. Wat het byna veroorsaak dat Asaf opgehou het om te doen wat reg is, en hoe is sy denke reggestel? (Ps. 73:2, 3, 17).
13. Waarom is die manna wat aan die Israeliete voorsien is, “die graan van die hemel” en “die brood van magtiges” genoem? (Ps. 78:24, 25).
14. Wat is “die skuilplek van die Allerhoogste”, en hoe kan ons daar “woon”? (Ps. 91:1, 2).
15. Hoe is die dood van Jehovah se lojales kosbaar in sy oë? (Ps. 116:15).