Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/06 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2006
Ons Koninkryksbediening—2006
km 8/06 bl. 3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye: Hou aan waak!, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Gee God werklik vir ons om?, Wanneer ’n geliefde sterf en Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? September: Wat leer die Bybel werklik? Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! November: Leer by die Groot Onderwyser.

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 September of so gou moontlik daarna ouditeer. As daar ’n afsonderlike bankrekening vir instandhouding, bouwerk of iets soortgelyks is, moet daar gereël word dat hierdie rekening ook geouditeer word. Wanneer die oudit(s) gedoen is, moet dit in die gemeente aangekondig word wanneer die volgende rekeningverslag gelees word. Gemeentes wat aansoek gedoen het om as ’n Openbare Weldaadsorganisasie (OWO) te registreer, moet asseblief die gemeente se rekeninge vir Junie, Julie en Augustus na die takkantoor stuur nadat die oudit gedoen is. Merk dit vir die aandag van die Rekeningafdeling.

◼ Gemeentes moet die Kalender van Jehovah se Getuies vir 2007, Ondersoek die Skrif elke dag—2007 en die Jaarboek van Jehovah se Getuies vir 2007 saam met hulle volgende lektuuraanvraag aanvra. Voordat die lektuuraanvraag vir dié items na die takkantoor gestuur word, moet ’n aankondiging in die gemeente gedoen word. Verkondigers moet nie versuim om hulle aanvraag by die lektuurtoonbank in te gee nie, en die lektuurkoördineerder moet die lektuuraanvraag so gou as moontlik na die takkantoor stuur.

◼ Lapelkaartjies vir die 2006-streekbyeenkoms: Dit is nie nodig om vanjaar lapelkaartjies aan te vra nie, aangesien die takkantoor dit lank voor die byeenkoms aan die gemeentes sal stuur. Wanneer julle die lapelkaartjies ontvang, moet die koördinerende gemeente se lektuurkoördineerder seker maak dat elke gemeente die voorraad ontvang wat aan hulle gestuur is. Indien ekstra lapelkaartjies benodig word, moet dit soos volg op die Literature Request-vorm (S-14) aangedui word: “This is in addition to the consignment.” Geen aanvrae sal op die laaste oomblik hanteer word nie. Plastieklapelkaarthouers kan aangevra word, indien nodig.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Jaarboek van Jehovah se Getuies vir 2007—Afrikaans

◼ Nuwe DVD’s beskikbaar:

Album vir The Watchtower Announcing Jehovah’s Kingdom—2006 (leeg)—Amerikaanse Gebaretaal

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel