Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/06 bl. 4
  • Nuwe kringbyeenkomsprogram

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nuwe kringbyeenkomsprogram
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Nuwe kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Maak seker van die belangriker dinge
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Nuwe Kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • ’n Kringbyeenkoms wat ons sal help om ons geestelikheid te beskerm
    Ons Koninkryksbediening—2009
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2006
km 8/06 bl. 4

Nuwe kringbyeenkomsprogram

Die wêreld wil hê ons moet glo dat die huidige stelsel van dinge vir ewig sal bestaan. Maar volgens God se Woord sal dit nie (1 Joh. 2:15-17). Dit help ons om te verstaan dat dit tevergeefs is om “skatte op die aarde op te gaar”. Om God se volk te versterk, sal die kringbyeenkomsprogram vir die 2007-diensjaar die tema “Gaar . . . skatte in die hemel op” ontwikkel.—Matt. 6:19, 20.

Materialistiese denke is deel van dit waarna Efesiërs 2:2 verwys as “die gesag van die lug, die gees wat nou in die seuns van die ongehoorsaamheid werk”. Net soos letterlike lug oral is en maklik ingeasem kan word, is “die gees van die wêreld” in hierdie stelsel alomteenwoordig (1 Kor. 2:12). Aangesien dit ’n baie sterk invloed uitoefen, word daar gesê dat dit “gesag” het. Die nuwe kringbyeenkomsprogram sal ons help om die wêreld se materialistiese denke te vermy en ons prioriteite skerp voor oë te hou (Matt. 6:33). Daarbenewens sal die program ons help om op Jehovah te vertrou terwyl ons ons bediening uitvoer ondanks die druk en beproewinge waarvoor ons moontlik te staan kom.

Maak seker dat jy al twee dae bywoon en dat jy “meer as die gewone aandag skenk” (Heb. 2:1). Maak kort aantekeninge van punte wat jy in jou lewe en bediening kan toepas. As jy van die begin tot die einde van hierdie geestelik verrykende program teenwoordig is, sal jy aangemoedig en versterk word om aan te hou om ‘skatte in die hemel op te gaar’!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel