Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/06 bl. 3
  • Hersiening vir die Teokratiese bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2006
Ons Koninkryksbediening—2006
km 6/06 bl. 3

Hersiening vir die Teokratiese bedieningskool

Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 26 Junie 2006. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 1 Mei tot 26 Junie 2006. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]

SPRAAKHOEDANIGHEDE

1. Wat is modulasie, en waarom is dit belangrik? [be-AF bl. 111, vensters]

2. Hoe kan ons ons tempo afwissel wanneer ons ’n toespraak hou? [be-AF bl. 112 par. 3-6, venster]

3. Hoe kan ons entoesiasme vir die onderwerp van ons toespraak aankweek, en waarom is dit belangrik? [be-AF bl. 115 par. 1–bl. 116 par. 2, vensters]

4. Waarom is hartlikheid noodsaaklik wanneer ons ander onderrig, en wat kan ons help om daaraan uiting te gee? [be-AF bl. 118 par. 2–bl. 119 par. 5]

5. Verduidelik die belangrikheid van gebare en gesigsuitdrukkings in kommunikasie (Matt. 12:48, 49). [be-AF bl. 121, vensters]

TOESPRAAK NR. 1

6. Hoe verheerlik die boek Job Jehovah en die regverdige lewenstandaarde waarvolgens hy wil hê ons moet lewe? [si-AF bl. 100 par. 39, 41]

7. Wat lewer bewys van die egtheid van die Psalms? [si-AF bl. 102 par. 10-11]

8. Wat word bedoel met “skerpsinnig” in Spreuke 13:16? [w04-AF 7/15 bl. 28 par. 3-4]

9. Hoe tree die heilige gees as ’n helper op, en wat moet hierdie feit ons aanspoor om te doen? (Joh. 14:25, 26). [be-AF bl. 19, par. 2-3]

10. In watter algemene sin kom Jesus, en na watter ‘koms’ het Jesus in Matteus 16:28 verwys? [w04-AF 3/1 bl. 16, venster]

WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE

11. Wat kan ons leer uit wat Job Jehovah in Job 42:1-6 geantwoord het?

12. In watter sin bly die nasies “iets leegs” mompel? (Ps. 2:1, 2).

13. Watter fondamente word afgebreek? (Ps. 11:3).

14. Hoe word ’n hoogmoedige persoon ‘oorvloedig vergeld’? (Ps. 31:23).

15. Watter troos kan ons uit Psalm 40 put wat ons kan help om die onvolmaaktheid van die gevalle vlees en die verskillende rampe van hierdie stelsel van dinge die hoof te bied? (Ps. 40:1, 2, 5, 12).

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel