Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Junie: Wat leer die Bybel werklik? Wend ’n spesiale poging aan om Bybelstudies te begin. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye: Hou aan waak!, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Gee God werklik vir ons om?, Wanneer ’n geliefde sterf en Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik? September: Wat leer die Bybel werklik?
◼ Aangesien Julie vyf volle naweke het, sal dit ’n uitstekende maand wees om hulppionierdiens te doen.
◼ Die videoprogram Young People Ask—How Can I Make Real Friends? sal in September tydens ’n Diensvergadering bespreek word. Indien nodig, moet julle dit so gou moontlik deur die gemeente aanvra.
◼ ’n Aansoek om gewone pionierdiens (S-205) moet verkieslik die takkantoor ten minste 30 dae voor die verlangde begindatum bereik. Die gemeentelike sekretaris moet die vorm nagaan om seker te maak dat dit volledig ingevul is. As dié wat aansoek doen, nie hulle presiese doopdatum kan onthou nie, moet hulle die datum skat en ’n aantekening daarvan maak. Die sekretaris moet hierdie datum op die Congregation’s Publisher Record-kaart (S-21) skryf.
◼ Gemeentes moet saam met hulle lektuuraanvraag vir Julie genoeg vorms vir die 2007-diensjaar begin aanvra. Die volgende vorms moenie aangevra word nie, aangesien dit by die gemeente se jaarlikse voorraad ingesluit sal word: Gemeenterapport (S-1), koeverte vir gemeenterapport (rce), Oorbetaling van bydraes (S-20), Ouditverslag van gemeenterekeninge (S-25), Boekhouvorm (S-26) en Maandelikse gemeentelike rekeningverslag (S-30). Gebruik asseblief alle vorms oordeelkundig en net vir die doel waarvoor dit gedruk is.
◼ Nuwe kompakskywe beskikbaar:
My boek met Bybelverhale—Engels
Die grootste mens wat nog geleef het—Engels
◼ Nuwe DVD’s beskikbaar:
Pursue Goals That Honor God—Amerikaanse Gebaretaal