Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/06 bl. 4
  • Hoe om jou geestelike doelwitte te bereik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om jou geestelike doelwitte te bereik
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Gebruik geestelike doelwitte om jou Skepper te verheerlik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Jongmense—Wat sal julle met julle lewe doen?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Jongmense—streef verdienstelike doelwitte na
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Stel persoonlike doelwitte vir die nuwe diensjaar
    Ons Koninkryksbediening—1988
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2006
km 6/06 bl. 4

Hoe om jou geestelike doelwitte te bereik

1. Watter geestelike doelwitte het talle jong Christene?

1 As ’n jong Christen word jou doelwitte in die lewe ongetwyfeld beïnvloed deur jou liefde vir Jehovah en deur Jesus se woorde aan alle Christene om ‘eers die koninkryk te soek’ (Matt. 6:33). Dit is dalk jou doelwit om jou bediening uit te brei deur pionierdiens te doen of om te dien waar meer Koninkryksverkondigers nodig is. Party wil hulle dalk vrywillig aanbied om Koninkryksale te help bou, by ’n takkantoor te dien of sendingwerk te doen. Hoe bevredigend en prysenswaardig is hierdie doelwitte tog!

2. Wat kan jou help om jou geestelike doelwitte te bereik?

2 As jy jou geestelike doelwitte neerskryf, kan dit jou help om dit te bereik. Die Wagtoring van 15 Julie 2004 het gesê: “’n Abstrakte idee word duideliker en realistieser wanneer [jy] dit in woorde probeer uitdruk. [Jy] kan dus [jou] doelwitte en hoe [jy] dit wil bereik, neerskryf.” Verder kan korttermyndoelwitte jou help om jou vordering te meet en gefokus te bly terwyl jy ’n langtermyndoelwit nastreef.

3. Noem ’n paar korttermyndoelwitte wat jou kan help om aan die vereistes te voldoen om gedoop te word.

3 Korttermyndoelwitte: As jy nog nie gedoop is nie, kan jy dink aan wat jy moet doen om daardie doelwit te bereik. Jy het dalk ’n beter begrip van basiese Bybelleerstellings nodig. Indien wel, moet jy jou dit ten doel stel om die Leer Bybel-boek deeglik te bestudeer en al die teksverwysings na te slaan (1 Tim. 4:15). Stel ook vir jou die doelwit om die hele Bybel van Genesis tot Openbaring te lees, soos Betheliete en Gileadstudente moet doen. Daarna moet jy aanhou om die Bybel elke dag te lees (Ps. 1:2, 3). Dink net hoe dit jou gaan help om geestelik te groei! Begin en eindig elke Bybellees en -studiesessie met opregte gebed, en probeer altyd toepas wat jy leer.—Jak. 1:25.

4. Watter korttermyndoelwitte kan ’n Christen stel wat die langtermyndoelwit het om as ’n Betheliet of ’n sendeling te dien?

4 Watter verdere doelwitte kan jy nastreef as jy reeds gedoop is? Moet jy dalk jou vaardighede in die predikingswerk verbeter? Kan jy byvoorbeeld probeer om God se Woord op bekwamer wyse in die veldbediening te gebruik? (2 Tim. 2:15). Hoe kan jy jou bediening uitbrei? Stel spesifieke korttermyndoelwitte in ooreenstemming met jou ouderdom en omstandighede en wat jou sal help om jou langtermyndoelwitte te bereik.

5. Hoe het korttermyndoelwitte ’n broer gehelp om sy doelwit te bereik om by Bethel te dien?

5 ’n Suksesverhaal: Toe die 19-jarige Tony ’n takkantoor van Jehovah se Getuies besoek het, het dit die begeerte by hom gewek om by Bethel te dien. Maar hy het ’n slegte lewe gelei en hom nog nie eers aan God toegewy nie. Tony het besluit om sy lewe in ooreenstemming te bring met Jehovah se weë en het hom dit ten doel gestel om aan die vereistes te voldoen om gedoop te word. Nadat hy daardie doelwit bereik het, het hy hom voorgeneem om hulp- en daarna gewone pionierdiens te doen, en hy het die begindatums daarvoor op sy kalender geskryf. Stel jou voor hoe bly hy was toe hy, nadat hy ’n ruk lank gepionier het, genooi is om by Bethel te dien!

6. Wat kan jou help om jou geestelike doelwitte te bereik?

6 Jy kan ook jou geestelike doelwitte bereik terwyl jy Koninkryksbelange eerste stel. Bid voortdurend tot Jehovah oor “jou werke” en streef ywerig daarna om dit te bereik.—Spr. 16:3; 21:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel